Zimbabwe groet opposisieheld Tsvangirai
Zimbabwe groet opposisieheld Tsvangirai

Zimbabwe groet opposisieheld Tsvangirai

NAMPA
Duisende Zimbabwiërs het Dinsdag byeengekom om finaal afskeid van die veteraan- opposisieleier, Morgan Tsvangirai, te neem.

Hy was een van Afrika se mees gerespekteerde politici en het geleef om die val van sy politieke nemesis, Robert Mugabe, te sien.

"Ons vier ‘n held,” het die Movement for Democratic Change (MDC) se waarnemende president, Nelson Chamisa, gesê.

Tsvangirai, Zimbabwe se vurigste opponent van oudpres. Mugabe, is verlede Woensdag in die ouderdom van 65 jaar dood in ‘n Suid-Afrikaanse hospitaal waar hy behandeling vir kanker ontvang het.

Zimbabwe se visepresident, Oppah Muchinguri, het die begrafnis saam met Amerikaanse en Europese diplomate bygewoon.

Kenia se opposisieleier, Raila Odinga, was ook by die begrafnis waar hy politieke onderdrukking in Afrika veroordeel het toe hy Tsvangirai se ondersteuners toegespreek het. - Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-01-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 33° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 23° | 34° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 20° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 21° | 35° Windhoek: 18° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 22° | 35° Mariental: 24° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 20° | 33° Ariamsvlei: 23° | 39° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 33° Lubumbashi: 16° | 19° Mbabane: 14° | 27° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 18° | 33° Cape Town: 20° | 23° Durban: 20° | 27° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 23° #REF! #REF!