Zimbabwe-hof beveel vrylating van pastoor
'n Pastoor van Zimbabwe is weer op vrye voet, nadat 'n hof gelas het dat hy onmiddellik vrygelaat word.
'n Zimbabwiese hof het opdrag gegee dat 'n aktivis-pastoor en kritikus van die regering vrygelaat word nadat hy aangehou is omdat hy 'n video op sosiale media oor die land se verswakkende ekonomiese krisis geplaas het.
'n Landdros in Harare het opdrag gegee dat Evan Mawarire onmiddellik vrygelaat word nadat die vervolgingsowerheid sy hofverskyning vertraag het.
Landdros Elisha Singano sê die vervolgingsowerheid het versuim om ingevolge die wet hom binne 48 uur ná inhegtenisneming voor die hof te bring.
'n Tweede klag van aanhitsing tot geweld teen Mawarire is laat vaar nadat die landdros hom vrygelaat het.
Die pastoor staan reeds in die hoërhof tereg waar hy Maandag onskuldig gepleit het op klagte dat hy probeer het om pres. Robert Mugabe se regering se bewind omver te werp. Indien hy skuldig bevind word, kan hy tot 20 jaar gevangenisstraf opgelê word.
Die klagtes spruit uit sy betrokkenheid by die organisering van 'n staking verlede jaar in Julie wat die meeste stede en openbare dienste lamgelê het.
Die polisie het die 40-jarige pastoor Sondag tydens 'n kerkdiens in hegtenis geneem, 'n dag nadat hy video gepubliseer het waarin hy die kritieke ekonomiese toestand in die land kritiseer.
Die video wys lang rye by vulstasies met petrol en dieselvoorrade wat oral oor Harare al hoe skaarser raak. -Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie