Zimbabwe se aandelebeurs in krisis
Zimbabwe se aandelebeurs in krisis

Zimbabwe se aandelebeurs in krisis

Jo-Mare Duddy Booysen
Hanlie Stadler - Die Zimbabwiese aandelebeurs (ZSE) het Dinsdag slegs US$105 se aandele verhandel.
The Source berig dit is die laagste waarde minstens sedert Zimbabawe in 2009 die Amerikaanse dollar as geldeenheid aanvaar het en dollarverhandeling op 19 Februarie 2009 begin het.
Die webwerf sê daar is ernstige kommer oor die toekoms van die aandelebeurs en die beurs self is besig om mense af te lê.
Die ZSE word, soos die JSE en ander aandelebeurse, beskou as ’n barometer van beleggersvertroue in ’n land.
Zimbabwe is kniediep in ’n skuldkrisis. Die land se ekonomie het in 2015 met 1,5% gegroei, maar daar is nog geen syfers beskikbaar oor ekonomiese groei in 2016 nie.
Meer as 98% van Zimbabwe se bruto binnelandse produk is staatsbesteding.
Staatsamptenare is vir weke in Junie en Julie nie betaal nie en betogings is die afgelope ruk algemeen. Daar is selfs berigte dat toeriste in padblokkades deur die polisie beroof word.
Mense staan in rye by kitsbanke weens streng perke op hoeveel geld uit bankrekeninge onttrek mag word.
Volgens Wikipedia is 64 maatskappy op die ZSE genoteer, maar minstens vier van hulle se aandeleverhandeling is opgeskort. Minstens 26 maatskappye word glad nie verhandel nie.
The Source berig dat die ZSE se markwaarde in Junie tot die laagste vlak in sewe jaar geval het.
Die nywerheidsindeks, een van slegs twee op die beurs (die ander een is die mynbou-indeks), het die afgelope jaar met 32% geval.
Die Afrika-ontwikkelingsbank het die ZSE as die swakste aandelebeurs in Afrika in 2015 bestempel. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!