Zimbabwe se amptenare wil staak
Zimbabwe se amptenare wil staak

Zimbabwe se amptenare wil staak

Zimbabwiese staatsamptenare het Woensdag gedreig om hulle by dokters en onderwysers se staking aan te sluit as die regering nie die invloed van inflasie op hul salaris aanpak nie. Pryse van alle goedere in Zimbabwe is besig om teen die vinnigste koers te styg sedert die hiperinflasie van 2008. Dis grootliks weens ’n tekort aan buitelandse valuta wat nou tot voedsel- en brandstoftekorte lei. In 2008 was die inflasiekoers op ’n punt 500 miljard persent. Vandeesweek het onderwysers hulle by ’n landwye staking aangesluit wat die land se dokters verlede maand oor onvoldoende vergoeding begin het. Staatsamptenare gaan binne 14 dae ophou werk tensy daar aan hul eise voldoen word, het die raad wat die land se openbare dienste verteenwoordig, in ’n verklaring gesê. Foto Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!