Zimbabwe se moordenaar-messias
Die man wat Robert Mugabe as leier van Zanu-PF en dalk ook president opvolg, is allermins die demokratiese redder van Zimbabwe, skryf Mondli Makhanya.
Mondli Makhanya - Robert Mugabe was 17 jaar lank bekommerd dat die Weste hom wil ontsetel.
Uiteindelik was dit nie die CIA of MI6 wat sy bewind van 37 jaar beëindig het nie.
Dit was die soldate wat hy aangevoer het in die Chimurenga (die guerrilla-oorlog van die 1960’s en 1970’s) en in die jare sedertdien.
Sy presidentskap is beëindig deur dieselfde kamerade wat hom gehelp het om teenstanders op groot skaal te vermoor en om die land se hulpbronne te plunder – dieselfde mense wat veronderstel was om hom te beskerm teen die regimeveranderingsagenda van die koloniale Weste.
Hoe ironies. Hoe vernederend. Wat ’n oneervolle einde van die bewind van ’n man wat as een van Afrika se groot revolusionêre onthou sou kon word.
Wie se naam in dieselfde asem genoem sou kon word as reuse soos Tanzanië se Julius Nyerere en Algerië se Ahmed Ben Bella.
Die vader van Zimbabwe sal nie onthou word vir die bevrydingstryd of vir die aanneemlike (ofskoon bloedige) eerste tien jaar van sy bewind nie.
Hy sal ook nie onthou word vir sy bydrae tot die bevryding van Suid-Afrika en Namibië of in die stigting van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) nie.
ERFLATING VAN VERWOESTING
Hy sal eerder onthou word vir wreedaardigheid, die verwoesting van die land se ekonomie en die vernietiging van ’n stabiele demokrasie.
In sy laaste jare het almal behalwe die mees geharde Zanu-PF-lojaliste Mugabe begin haat. Hy was so gehaat dat Ian Smith, oudpremier van Rhodesië, hom eens uitgedaag het om saam met hom sonder lyfwagte in Harare se middestad te gaan rondloop om te sien wie die mense sou aanval.
Zimbabwiërs het die afgelope week die omverwerping van hul gehate leier op tipiese Zimbabwiese wyse gevier deur absoluut niks te doen nie.
Hulle het vyf dae gewag om die strate in te vaar om te eis dat dit gebeur wat die weermag reeds deurgevoer het, naamlik dat Mugabe verwyder word.
Die res van die week het hulle gelate aanvaar wat die gode hulle gee. Wel, die gode het hulle Robert Mugabe se jonger, meer boosaardige broer gegee.
SLEUTELSPELER IN ERGSTE VERGRYPE
Emmerson Mnangagwa, die man wat Zimbabwe na sy “nuwe” toekoms gaan lei, is die aakligste gesig van dié land se verlede.
As ’n sentrale figuur in Zanu-PF se sekurokratiese kern, was Mnangagwa ’n sleutelspeler in van die ergste vergrype van Mugabe se ampstyd.
In die 1980’s, toe Mugabe die Zapu-opposisie wou vermorsel en by Zanu inlyf, was Mnangagwa heel voor. As minister van intelligensie het hy die oorlog teen sogenaamde afvalliges in Matabeleland aangevoer.
Meer as 22?000 mense is vermoor, meestal burgerlikes.
Sommige navorsers skat soveel as 100?000 is dood. Dorpies is uitgewis, mense is verbrand en gesinne is lewend begrawe. Dit het bekend gestaan as die Gukurahundi – “die reëns wat die winterkaf wegspoel voor die regte somerreëns kom”.
Hoewel Mnangagwa en die sentrale intelligensiediens (CIO) die vernaamste aanstigters was, het hy die blaam vierkant geplaas op die weermag, meestal die berugte elite Vyfde Brigade.
Danksy die Gukurahundi het Mnangagwa ’n blywende plek in Mugabe se harde hart gekry.
Toe Mnangagwa sy setel in ’n parlementêre verkiesing verloor, het Mugabe hom benoem vir die bykomende setels wat hy as staatshoof self kon vul sodat Mnangagwa sy kabinetspos kon behou.
Dit was Mnangagwa wat Mugabe help oorleef het in die eerste dekade van hierdie millennium toe Zanu-PF en die sekuriteitstrukture die opposisie en burgerlike samelewing uitgewis het en van Zimbabwe ’n volwaardige diktatuur gemaak het.
Hy is betrek in van die ergste plundering van staats- en minerale bronne.
Dit raak erger. Die ontwerper van dié week se staatsgreep is net so verskriklik soos die man wat deur die staatsgreep bevoordeel word.
VYFDE BRIGADE
Genl. Constantino Chiwenga, wat meer politikus as soldaat is, was tydens die Gukurahundi op die grond in Matabeleland. Die Eerste Brigade, Chiwenga se eenheid wat in Bulawayo gestasioneer was, het steun aan die Vyfde Brigade gebied.
Chiwenga se vernaamste medesamesweerder in die staatsgreep is die lugmaghoof Perence Shiri, wat in die 1980’s die moordlustige Vyfde Brigade aangevoer het.
Soos bloedbroers het Chiwenga en Shiri gewerk naas Augustine Chihuri, die polisiehoof, en Happyton Bonyongwe, die CIO-baas, om die opposisie sedert 2000 te onderdruk.
Hulle was so vasbeslote om Mugabe en Zanu-PF se opperheerskappy te beskerm dat hulle voor die 2008-verkiesing aangekondig het hulle sou Morgan Tsvangirai van die MDC nie as opperbevelvoerder erken nie omdat hy nie in die Chimurenga geveg het nie.
Toe Tsvangirai teen alle verwagtings in die eerste ronde wen, het die veiligheidsmagte sy veldtog van terreur voortgesit en teenstanders van Mugabe gemartel en vermoor.
Die kern van die onlangse weerstand teen Mugabe was die Zimbabwe Nasionale Veteranevereniging. Die leiers is keiharde soldate, anders as ons Disney-veterane wat deur fopkarakters soos Carl Niehaus, Des van Rooyen en Kebby Maphatsoe gelei word.
Zimbabwe se bevrydingsveterane is Zanu-PF se mees geharde ideoloë en sien hulself as die bewakers van die party se nalatenskap.
GRACE ONDERSKAT VETERANE
Jy mors nie met hulle nie. Mugabe, sy vrou, Grace, en hul bondgenote in die G40-faksie het die dodelike fout gemaak om dié groepering te vervreem deur oorlogshelde soos Mnangagwa te teiken. Maar wat die veterane finaal geknak het, was dat die G40-groep wou hê Grace (van Benoni!) moet vir Robert opvolg. ’n Oorlogsveteraanleier het glo gesê selfs nie die Heilsleër sou toelaat dat iemand van Benoni hulle lei nie.
Die oorlogsveterane, onthou, was die stormtroepe van die terreur sedert 2000. Met die hulp van jongelinge wat nog nie eens gebore was tydens die oorlog nie, het hulle plase ingeval en teenstanders van die regime aangeval.
Hulle het selfs hul eie tronke vir marteling gebou. Vroue en kinders is aangehou, herhaaldelik verkrag en beveel om hul skokverhale vir almal te vertel.
’n Skrikbewind
Zimbabwe se toekoms sal nou grootliks deur dié elemente bepaal word: vuil Zanu-PF-fossiele, ’n sekuriteit-establishment wat ’n onbeskaamde verlengstuk is van die regerende party, en ’n boefagtige milisie.
Hul arms is tot by die oksels vol bloed. Hulle is totaal toegewy aan die doel om Zanu-PF in stand te hou en hul eie belange te beskerm. Die eerste prioriteit van die nuwe magsentrum sal wees om interne teenstand uit te roei.
So, die G40-faksie sal 2018 inwag agter tralies, in ballingskap of al vlugtend.
Dan sal die Mnangagwa-binnekring waarskynlik hul visier daarop rig om die politieke opposisie en burgerlike samelewing in die aanloop tot volgende jaar se verkiesing te neutraliseer.
Die klimaat van vrees kan net so erg as voor vorige verkiesings wees.
Moenie aanvaar dat Zimbabwiërs dié geskiedkundige geleentheid sal benut om die rigting van hul land te verander nie. Selfs al vaar hulle soos gister die strate in, sal dit min bereik en gou verby wees. Vorige betogings het op niks uitgeloop nie, want Zimbabwiërs sluit hulself toe of vlug oor die grens sodra hulle traangas ruik.
Selfs ’n Boeddhistiese monnik sal makliker ’n selfmoordgordel aantrek as wat Zimbabwiese aktiviste ’n volgehoue veldtog van massa-aksie sal voer.
SADC SE ROL
Die enigste ingryping wat dié droewige prognose kan keer, is as die SAOG sy plig ernstig opneem en die leiding neem in ’n internasionale poging om Zimbabwe te help om ekonomies, polities en maatskaplik herbou te word.
Hulle moet dit doen saam met die Afrika-Unie, die Verenigde Nasies en ander sleutelspelers.
Maar eers sal die SAOG sy instinktiewe wantroue jeens die Weste en sy verlammende paranoia oor die groot moondhede se sogenaamde agenda van regimeverandering moet laat vaar.
Dié ideologiese oogklappe, wat meestal gedra word deur voormalige bevrydingsbewegings wat in ons streek regeer, is die rede waarom Mugabe so vertroetel is in die era van “stille diplomasie”.
Die heropbou van Zimbabwe sal ’n internasionale poging móét wees. Die sterkmanne wat nou in beheer is, moet geboelie word tot hulle die rol van ander spelers aanvaar om die toekoms te bepaal. As dit nie gebeur nie, gaan Zimbabwe ’n era van die ergste tirannie en ekonomiese chaos tegemoet.
En nog meer blinde bedelaars sal by ons verkeersligte kom staan. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie