Zimbabwe steek Jewels láát verby
Netbal
Tielman van Lill – Nadat die Desert Jewels, Namibië se senior netbalspan, Dinsdagaand hul openingswedstryd van die Afrikabeker teen Botswana by die Wanderers-saal in Pionierspark gewen het, moes hulle gister die knie met een punt teen Zimbabwe buig.
Die Namibiërs het die eerste kwart 18 doele teen 13 van Zimbabwe aangeteken en die tweede kwartier ook met 29-25 ingepalm.
Maar dit was deurentyd duidelik dat die besoekers nie maklik oorrompel gaan word nie.
Zimbabwe het hul agterstand in die derde kwart tot 37-40 laat krimp en in die laaste kwartier 13 doele aangeteken om die Juwele se glansende oomblik met 50-49 te verdof.
Zimbabwe (12de) is twaalf plekke hoër as Namibië op die wêreldranglys. In laasweek se Debmarine Pent-reeks in Windhoek het die buurland met 20 punte gewen – 'n skerp verbetering deur die Namibiërs wat so byna die bordjies verhang het.
Julene Meyer, hoofafrigter van die tuisspan, het ná die kragmeting gesê: “Ek was vandag meer tevrede met die kombinasies en kontinuïteit. Maar daar was gereeld laat kontak deur Zimbabwe in die doelsirkel. Ons sal hierby moet aanpas, want elke keer as ons teen 'n topgekeurde span speel, raak dit baie fisiek as hulle onder druk geplaas word.
“Ons sal 'n plan moet maak om dit teen te werk, maar verder is ek tevrede hoe sake vir ons verloop het. Dreamy (Louise Kausehue) het aan die begin gesukkel en ek het haar met Foxy (Ilyn Pura) vervang. Toe ek Louise in die laaste kwartier opstuur, het sy wel puik spel gelewer.
“Die span het tans goeie ritme. Ek weet nie teen wie ons volgende speel nie, maar die meisies sal reg wees om opnuut die baan aan die brand te speel.”
Lloyd Makunde, hoofafrigter van Zimbabwe, het gesê: “Hoewel ons tot in die laaste kwartier nog ver agter was, het ek geweet die spelers het die energie om die agterstand uit te wis.
“Ek het vir my spelers gesê om die speltempo te versnel en harder te veg. Wanneer hulle besit gekry het, móét hulle dit in doele afrond, wat hulle ook gedoen het.
“Zimbabwe het vandag nie goed gespeel nie, want die vorige keer het ons Namibië met 20 doele oorskadu.”
Namibië het Botswana Dinsdag met 50-41 ingeperk. Die Jewels sal vandag om 13:00 by Wanderers teen Uganda op die baan stap.
Die gasheerspan, asook Botswana, Kenia, Malawi, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe sal tot aanstaande Dinsdag om die 2021 Afrika-beker kompeteer.
Die Jewels-spelersgroep is Zante Farmer, Juzelri Garbers, Monica Gomases, Loide Hanyana, Nanguloshi Kamutushi, Anna Kaspar, Louise Kausehue, Jessica Moolman, Nelandré Mostert, Mwale Mulenamaswe, Cornelia Mupenda, Ilyn Pura en Eve Hamaalwa (kaptein).
• VANDAG se bepalings by die Wanderers-netbalsaal: Botswana teen Zambië (09:00), Tanzanië tn Suid-Afrika (11:00), Malawi tn Zimbabwe (15:00), Botswana tn Kenia (17:00).
FOTO
Cornelia Mupenda gister in aksie teen Botswana. Foto Nampa (Hesron Kapanga)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie