Zimbabwe wil skuld begin terugbetaal
Zimbabwe wil teen Oktober 2019 byna $2 miljard se agterstallige skuld aan die Afrika-ontwikkelingsbank en die Wêreldbank terugbetaal.
Daarna wil die land hulp vra van die G7-lande, het Mthuli Ncube, minister van finansies, in ’n onderhoud in Harare gesê.
Zimbabwe moet sy skuld terugbetaal voordat hy meer geld kan leen om die ekonomie te herbou wat deur 40 jaar se wanbestuur deur oudpres. Robert Mugabe geruïneer is.
Die land se totale skuld is $16,9 miljard. Eksterne skuld beloop $7,4 miljard, waarvan $5,6 miljard agterstallig is, volgens dokumente wat die tesourie vroeër die maand gepubliseer het.
Die Afrika-ontwikkelingsbank en Wêreldbank is voorkeurkrediteure, wat beteken hul skuld moet eerste terugbetaal word.
Die land is $680 miljoen agterstallig by die Afrika-ontwikkelingsbank en $1,3 miljard by die Wêreldbank. Die land is ook $308 miljoen in die rooi by die Europese Beleggingsbank.
Zimbabwe betaal 9% se rente op sy agterstallige skuld by die Wêreldbank.
Ncube is self die voormalige visepresident van die Afrika-ontwikkelingsbank. Hy is verlede maand as minister van finansies aangestel.
Hy het verlede week voorstelle vir die terugbetaling van die skuld aan die Wêreldbank en Internasionale Monetêre Fonds (IMF) voorgelê op hul jaarvergaderings in Bali, Indonesië.
Lede van die G7 “wil ons help, hulle is baie warm jeens ons”, het Ncube gesê.
Zimbabwe skuld ook sowat $2,8 miljard aan die sogenaamde Parys-klub van lande en Ncube sê hy wil met hulle onderhandel oor spesiale hulp soortgelyk aan dit wat die Wêreldbank en IMF aan arm lande gee wat diep in die skuld is – of hy gaan hom beywer vir die afskrywing van skuld.
Hy sal onderhandelinge begin wanneer die Wêreldbank sy mediumtermyn-hersiening in November in Livingstone, Zambië, doen.
Ncube wil Zimbabwe se begrotingstekort oor die volgende twee jaar tot ’n enkelsyfer verlaag, want die land bestee meer as wat hy kan bekostig.
As deel van sy strewe om Zimbabwe teen 2030 ’n middelinkomste-land te maak, wil Ncube nagenoeg $10 miljard se beleggings oor die volgende twee tot vyf jaar lok.
“Dit moet kom om werk te skep,” het hy gesê.
Die land worstel met werkloosheid van 90%.
Tekorte aan buitelandse valuta en besuinigingsmaatreëls beteken dat verbruikers in lang rye staan vir alles van brandstof tot brood en suiker. Dit het pryse die hoogte laat inskiet.
Zimbabwe aanvaar dollar, euro, rand en obligasienotas as betaalmiddels, maar die waarde van laasgenoemde het in duie gestort.
“Weens lae vertroue in die banksektor word buitelandse geldeenhede nie in banke belê nie. Dis waarom jy nie dollars kan vind nie. So die idee is, hoe kry ons weer dollars terug in die stelsel? Ons gaan deur ’n oorgangsfase.”
Ncube het ’n graad in ekonomie aan die Oxford-Universiteit. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie