Zinzi en Katya presteer by wetenskapskou
Moya Nel, Walvisbaai Privaat Hoërskool
Nuwe tegnologie, uitvindsels en eksperimente word elke jaar by die wetenskapskou uitgestal.
Hierdie jaar was daar twee laerskoolleerders van Walvisbaai Private Hoërskool (WBPHS) wat uitstekend gevaar het en in die Walvisbaaistreekspan opgeneem is: Zinzi Nel en Katya Dedekind (beide in graad 6).
Die Streekswetenskapskou is vanaf die 26ste tot die 29ste Junie 2017 in die Kuisebmond Gemeenskapsaal aangebied. Hierdie wetenskapskou is voorwaar 'n baie leerryke ervaring en is definitief nie net vir bleeksiele bestem nie. Dit is relatief maklik en interessant om deel te neem. Die nuuskierigheid en afwagting vir die uitslae was ook baie aangenaam.
Zinzi en Katya het vertel dat die beoordeleers baie beleefd en gerustellend was, alhoewel die gemoedstemming soms bietjie gefrustreerd en senuweeagtig geword het.
Dié twee jong wetenskaplikes het getoets of gekleurde kerse vinniger brand as normale kerse. Hulle het bevind dat die gekleurde kerse wel vinniger brand omdat die kleursels en chemikalieë die reaksie van verbranding vinniger laat plaasvind. Meneer Nico-Louw Kirsten was die onderwyser wat hulle met raad en daad bygestaan het.
Zinzi en Katya is genooi om verder aan die Streekswetenskapskou deel te neem wat later in die Tamariskia Stadsaal aangebied is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie