u2018Ziveli het al die prosedures gevolgu2019
u2018Ziveli het al die prosedures gevolgu2019

‘Ziveli het al die prosedures gevolg’

Kommer oor ontwikkeling in waterbewaringsgebied
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Die ontwikkelaars van die Ziveli Lifestyle Village sê al hul sake is agtermekaar as dit by die ontwikkeling van die nuwe woonbuurt kom, ten spyte van besware van omliggende inwoners dat dié ontwikkeling moontlik die Windhoekse akwifer kan besmet.

Mnr. Dirk Oosthuizen, uitvoerende hoof van Square Foot Developments wat vir dié ontwikkeling verantwoordelik is, sê al die regte prosedures is gevolg om die woonbuurt suid van Windhoek by Aris, ’n 27 ha groot kleinhoewe, te begin.

“Dit sluit in behoefte- en wenslikheidsgoedkeuring, goedkeuring om ’n dorp te vestig, ’n verklaring van die ontwikkeling in die Staatskoerant asook registrasie by die landmeter-generaal. Al dié dokumente is op versoek beskikbaar.

“Ons het ’n omgewingsimpakstudie gedoen wat ook die kwesbaarheid van ondergrondse water behels het,” het Oosthuizen gesê. “Alle goedkeuring is verkry voor die nuwe omgewingswet van krag geraak het, wat beteken ons hoef nie ’n omgewingsklaringsertifikaat te hê nie. Nogtans het ons ’n omgewingsagentskap aangestel om vir dié sertifikaat aansoek te doen.”

BESWARE TEEN ZIVELI

Dit volg nadat ’n bekommerde inwoner op ’n nabygeleë eiendom beswaar gemaak het dat dié ontwikkeling binne ’n bewaringsgebied vir ondergrondse water gebou sal word en dat dit die bou van ’n rioolaanleg insluit. Volgens die inwoner sal altesaam sowat 1 000 mense op Ziveli gehuisves word, wat eerstens beteken dat dit huise dig teen mekaar gaan staan en kan veroorsaak dat nog 500 meer motors daagliks van die B1-pad tussen Rehoboth en Windhoek gebruik moet maak.

Boonop is nabygeleë inwoners bekommerd oor die hoeveelheid water (ná raming sowat 160 m³ per dag), wat aan dié woonbuurt verskaf sal moet word.

Oosthuizen het egter gesê wat die beswaar betref teen wooneenhede wat kleiner as 300 m³ gaan wees – die vereiste deur die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, is net van toepassing op enkele wooneenhede en nie waar deeltitelontwikkeling byvoorbeeld ter sprake is nie.

In ’n brief deur Green Building se dorp- en streekbeplanningskonsultant, mnr. Brand van Zyl, sê hy bogenoemde ministerie het op 6 Oktober verlede jaar skriftelike toestemming gegee dat die aantal erwe op die ontwikkeling na 208 eenhede verhoog mag word, wat volgens hom net 19 erwe meer is as wat in die aanvanklike plan goedgekeur is.

“Boonop is alle planne vir munisipale dienslewering, bouplanne asook konstruksieplanne reeds by die munisipaliteit ingedien en word net op goedkeuring gewag,” sê Van Zyl.

Volgens hom is die Paaieowerheid (RA) bewus van die nuwe ontwikkeling en voorsien hulle nie probleme dat die bestaande padinfrastruktuur die swaarder verkeer nie sal kan hanteer nie.

Terselfdertyd sal bedreigde bome en plantspesies beskerm word en dit is reeds gemerk sodat dit nie beskadig of verwyder sal word nie.

WATER EN RIOOL

“Wat die verskaffing van water betref, het ons in Junie vanjaar ’n ooreenkoms met die munisipaliteit gesluit om water aan die ontwikkeling te verskaf. Ons dink nie die munisipaliteit sou dit gedoen het as dit ’n te groot impak op hul waterkapasiteit sou gehad het nie,” het Van Zyl gesê.

“Ziveli sal water vanaf die Luiperdsvallei-reservoir ontvang. Vanaf Maart volgende jaar sal aanvanklik 50 m³ water per dag beskikbaar gestel word. Die groter hoeveelheid water sal vanaf Maart 2019 deur die munisipaliteit verskaf word,” het hy gesê.

Volgens hom is ’n kwesbaarheidstudie van ondergrondse water in 2007 uitgevoer is en sal maatreëls ingestel word om seker te maak die Windhoek-akwifer word nie besoedel nie.

“Ziveli se rioolwater sal volgens spesiale standaarde behandel word om besoedeling te voorkom soos deur die wet voorgeskryf. Besoedeling deur middel van oppervlakwater sal beperk word deur sandfilters op strategiese plekke aan te bring. Verder sal geen nywerhede of soortgelyke aktiwiteite toegelaat word nie.

“Geen onbehandelde rioolwater sal in die natuur vrygelaat word nie. Al die rioolwater sal só behandel word dat dit veilig vir die omgewing sal wees. Dit sal hoofsaaklik in tuine aangewend word. Die nodige permit hiervoor sal van die ministerie van water, landbou en bosbou se afdeling waterwese verkry word.”

Van Zyl sê ’n plan is opgestel vir stormwater en die meeste daarvan sal in ’n dam of reservoir versamel word. Hy sê ook daar sal nie ’n stortingsterrein op die ontwikkeling wees nie – die verantwoordelikheid vir die verwydering hiervan sal uitgekontrakteer word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer