Zoid maak weer mooi
Karen Zoid se eerste Afrikaanse album in ses jaar word op 11 Augustus op iTunes uitgereik. Sy stel Op die oomblik die aand tussen 20:00 en 21:00 op RSG bekend deur ’n direkte uitsending vanaf die SABC-ateljee in Seepunt.
Die eerste enkelspeler, “Vir jou”, is Vrydagoggend uitgereik en is reeds nommer een op iTunes se Afrikaanse speellys.
Volgens ’n mediaverklaring wissel die inhoud van die nuwe album van klassieke rock, sielvolle komposisies en kragtige ballades tot iets met ’n tikkie spot.
Zoid en haar orkes (Schalk van der Merwe, Henry Steel en Tim Rankin) speel al sewe jaar saam. Hulle het verlede jaar met Kyle Petersen op klavier begin werk en Kyle het ook saam geskryf aan die liedjie “Vir jou”.
Zoid volg die album op met ’n kortfilm, eintlik ’n visuele album, vervaardig deur Showmax. Dit is op 20 Augustus op kykNET te sien. Op 24 Augustus word sy die eerste Suid-Afrikaanse sanger wat ’n visuele album op iTunes uitreik. Internasionale kunstenaars wat al soortgelyke visuele albums uitgereik het, sluit Beyoncé, Drake en Brad Paisley in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie