Zola se kindertuin gaan voort
Tanja Bause - Die kleuterskool Zola's Childcare op Otjiwarongo gaan ná die dood van die stigter, me. Zola Xoagus, voort met sy werksaamhede.
Xoagus het twintig jaar gelede die kleuterskool in die Orwetoweni-nedersetting in Otjiwarongo begin om onderrig aan kwesbare kinders te gee. Deur die jare deur het ook talle weeskinders in haar huis groot geword. Sedert die begin van die jaar verskaf Zola’s Childcare ook twee warm maaltye aan 20 kinders en tien weeskinders per dag. Twee onderwysers en 'n kok is voltyds by die kindertuin aan diens.
Op 12 Julie vanjaar is Xoagus dood en buiten vir die tien weeskinders laat sy ook haar eie drie kinders van onderskeidelik 18, ses en drie jaar agter. Xoagus se suster, me. Steffi Hoases, het die bestuur van die kleuterskool en die versorging van die kinders oorgeneem.
“Hulle is my bloedsuster se kinders, ek sal hulle soos my eie groot maak,” het sy gesê.
Volgens Hoases was die kindertuin en die kinders haar suster se hele lewe.
“Ek sal met my suster se werk aangaan. Al probleem wat ek het, is skelm mense wat nou rondloop en namens Zola en Zola’s Childcare geld en kos insamel. Niemand behalwe ek is gemagtig om enigiets in haar naam in te samel nie. Die mense is almal skelm en bedrieërs wat maak dat mense wat jare lank vir Zola ondersteun het, nou dink dat ons steel. Dit is nie so nie en hulle maak dit vir ons baie moeilik om aan te gaan. Ek doen ’n beroep op mense om geen geld of kos aan enigiemand behalwe aan my persoonlik te skenk nie. Ek sal dit onder die kinders by die kindertuin uitdeel,” het sy gesê.
Hoases het haar werk in Windhoek bedank en na Otjiwarongo verhuis om dit oor te neem.
“Dit sal my suster se wens wees dat die kinders versorg is. Ek sal hulle almal soos my eie kinders grootmaak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie