Zuma is 'Suid-Afrika se Mugabe'
Die manier waarop pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika vasskop het nou die argwaan van sy eie party se lede op die hals gehaal.
Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) sou waarskynlik gistermiddag pres. Jacob Zuma se lot bepaal het. Hulle sou vergader, te midde van Suid-Afrikaners se hoop dat die kwessie vinnig uitgeklaar gaan word.
Die NUK-lede wou ook hê op die vergadering moet adj.pres. Cyril Ramaphosa duidelik aangewys word as Zuma se opvolger as staatspresident.
Die NUK-lede hoop dat die party se belangrikste besluitnemingsliggaam ook die parlementêre koukus 'n mandaat sal gee om 'n mosie van wantroue in Zuma in te stel sou hy vasskop teen die besluit om hom te herroep.
“Daar is twee prosesse aan die gang: Maandagmiddag is dit die proses van die NUK. Daaruit sal die einde van die pad vir Zuma vloei - ons sal hom herroep,” het 'n lid van die NUK gesê.
“Maar, dít (die herroeping) kan teengestaan word, dit is waarom ons ook 'n parlementêre proses nodig het. So, dit is die einde van die pad, want as ons sê tree uit en hy weier, word die bal in die parlement se hok gegooi.”
“Zuma het die ANC nou genoeg verneder, ons moet dit Maandag stop,” het nog 'n lid aan News24 gesê.
Njabulo Nzuz, sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga, sê die NUK het ander opsies behalwe om Zuma te herroep.
“Die oorgang gaan nie daaroor om Zuma te verwyder nie, maar ons kan daarna kyk om die adj.pres. (Cyril Ramaphosa) meer verantwoordelikheid te gee - dit is niks ongewoon nie. Dit het ook gebeur toe pres. Nelson Mandela die leisels aan Thabo Mbeki oorgegee het,” sê hy.
Hangwi Maumela, wat glo 'n lid van die ANC se Sandton-tak is, het Sondag op 'n nuuskonferensie in Pretoria 'n beroep op alle Suid-Afrikaners gedoen om 'n wegblyaksie te steun.
“Ons wil hê almal moet Maandag wegbly van die werk tot Zuma afstand doen van die presidentskap.
“Niemand moet in enige van die nege provinsies werk toe gaan nie. Of jy nou 'n polisieman, dokter, veiligheidswag, tuinman of grenspolisieman is, moenie gaan werk nie.”
Maumela het gesê hulle sal nie die Uniegeboue verlaat totdat Zuma nie meer president is nie.
“Ons gaan na die Uniegebou toe en is nie apologeties daaroor nie. Ons is gereed vir enigiets.
“Die man is soos Mugabe in Suid-Afrika. Sommige van ons het in dié demokrasie gely. Ek voel dat Nelson Mandela omgekrap is oor Zuma, die NUK en die ANC omdat hulle nie hul mag gebruik nie.”
Die ANC en die SAKP het hulle reeds van die wegblyaksie gedistansieer. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie