Zuma op Escourt in aanhouding ná nagtelike oorgawe
Oudpresident Jacob Zuma het hom Woensdagaand aan die polisie oorgegee om sy 15 maande tronkstraf wat hom weens minagting van die hof opgelê is, uit te dien.
Sy vonnisoplegging verlede week het die kroon gespan op 'n lang regsgeding wat beskou is as 'n toets van die vermoë vir 'n post-apartheid Suid-Afrika om die oppergesag van die reg af te dwing.
Lirandzu Themba, Suid-Afrikaanse polisiewoordvoerder, het in ’n verklaring bevestig dat Zuma in polisie-aanhouding is, in ooreenstemming met die uitspraak van die grondwetlike hof.
Die departement van korrektiewe dienste het in 'n afsonderlike verklaring gesê Zuma word in die Estcourt korrektiewe sentrum, ongeveer 175 km vanaf Nkandla, aangehou. Regstreekse beeldmateriaal is op televisie uitgesaai van sy aankoms by die tronk.
Die hof het Zuma verlede week 'n gevangenisstraf van 15 maande opgelê omdat hy in Februarie geweier het getuienis te lewer in die ondersoek na staatskaping tydens sy nege jaar as staatshoof in die buurland. Dié ondersoek word gelei deur adjunkhoofregter Raymond Zondo. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie