Zuma su00ea hy sal mense du00e1n in hul peetjie kan stuur
Zuma su00ea hy sal mense du00e1n in hul peetjie kan stuur

Zuma sê hy sal mense dán in hul peetjie kan stuur

Pres. Jacob Zuma het Dinsdagaand nie gevleuelde woorde vir sy kritici gehad het nie.
Pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika het oudpres. Thabo Mbeki, Kgalema Motlanthe en oudadj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka in sy visier gehad toe hy Dinsdagaand deelgeneem het aan die Nelson Mandela-gedenklesing omdat hulle “ ’n platform met (FW) de Klerk gedeel het”.

Dit was deel van onlangs inisiatiewe tussen die oudpresidente se stigtings en ander om die “diep en deurdringende nasionale krisis” te bespreek.

“As jy politiek verstaan, kan jy ’n platform met De Klerk deel en hom die eerste spreker maak?” het Zuma gevra.

Hy het gevra hoe hulle die land en die demokrasie bespreek, “maar inderdaad die ANC kritiseer”.

“Jy moet weet diegene wat so maak se politiek is verdag. Ek meen De Klerk moet nou vir óns leer van demokrasie!”

Zuma het ook uitgevaar teen “mense” wat die “vyandige media gebruik om met kamerade te kommunikeer eerder as om eerste met hulle te praat”.

Dr. Makhosi Khoza, ANC-LP, het onlangs haar stem in die media laat hoor oor Zuma.

“Daar is diegene wat daar staan en dinge sê en omdat daar nie op hulle gereageer word nie, dink hulle weet alles. Hulle moet weet dié wat nie reageer nie, wil nie hierdie verkeerde ding vererger nie, want hulle is nie polities duidelik nie.

“As jy polities duidelik is, gaan mense jou vloek, maar moenie bekommerd wees nie. Maar as jou politiek nie genoeg is nie, sal jy ’n knopkierie vat en daardie mens slaan.”

Zuma het gesê die tyd sal leer wanneer diegene wat die ANC daagliks in die openbaar kritiseer “op hul eie is”.

Hy het gesê hy kan nie wag vir die ANC se leierskonferensie in Desember nie sodat hy sonder omhaal op sy kritici kan reageer.

“Ons het net vyf maande oor voor die verkiesing. Ná dit sal ek nie meer beperk wees om te reageer nie. Vir nou moet ek alles terughou.”

Zuma het gesê ná die verkiesing sal daar mense wees wat hy in hul peetjie kan stuur.

Hy het ook uitgevaar teen die SAKP se onlangse konferensie omdat dit “nie sosialisme bespreek het nie”.

“Jy kan nie sosialiste hê wat dae lank vergader, maar niemand praat oor sosialisme nie.”

Zuma het gesê die SAKP het in 1962 ’n dokument genaamd “The Road to Freedom” geskryf. Die SAKP was destyds bekend as die Kommunistiese Party van Suid-Afrika (KPSA).

Volgens Zuma het hulle dié dokument in 1979 herdoop na die “The Road to the Path”.

“Jy gaan ’n dokument van daai aard ná die konferensie verwag, maar dololo (sleng vir ’n gebrek aan aksie).” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!