Zuma se R2 miljard-pakket is u2018fopnuusu2019
Zuma se R2 miljard-pakket is u2018fopnuusu2019

Zuma se R2 miljard-pakket is ‘fopnuus’

Of dit waar is of nie, gerugte doen die ronde dat sekere lede van die ANC vir pres. Jacob Zuma wou omkoop om pad te gee.
Fopnuus, bog en ’n versinsel.

Só het Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, Sondag ’n berig bestempel dat ’n “uittreepakket” van R2 miljard glo vir pres. Jacob Zuma aangebied is om as staatshoof te bedank.

“Daar was nie só ’n bespreking in die ANC nie. Dit is fopnuus en swak joernalistiek. ’n Versinsel,” het Kodwa by navraag gesê.

Daily Maverick het Saterdag berig dat twee bronne in die aanloop tot die party se onlangse nasionale beleidskonferensie aan hom bevestig het dat dié finansiële pakket en amnestie vir die strafregtelike klagte wat Zuma in die gesig staar, aan die president gemaak is.

Die geld sal glo ingesamel word deur private individue en instellings en sal nie uit die staatskas kom nie.

Bronne “in die ANC sowel as bronne in die sakegemeenskap” het glo aan die nuuswebwerf bevestig dat die voorstel “op ten minste een groot forum gemaak is, hoewel die president nog nie ingestem het om gesprekke te begin nie”.

Zuma het glo laat blyk dat hy die aanbod van die hand wys.

“Om duidelik te wees, hierdie is nie ’n skinderstorie nie, maar ’n politieke wapen dat ’n faksie van ’n faksie in die ANC bereid is om te ontplooi,” lui die berig.

Ralph Mathekga, politieke ontleder aan die Mapungubwe-instituut vir strategiese oorweging, het gesê in ’n demokratiese opset waar die Grondwet die oppergesag van die reg is, is daar nie plek vir dié soort ooreenkoms nie.

“Dit sê dat Suid-Afrika ’n staat van swendelaars geword het. Dit maak ’n totale bespotting van Suid-Afrika se demokrasie.”

Hy dink nie die opposisie, veral nie die DA en die EFF, sal daarvoor te vinde wees nie.

“Waarom moet iemand soos Julius Malema, EFF-leier, byvoorbeeld hof toe gaan nadat hy aangekla is? Zuma sal eers hof toe moet gaan voordat hy kwytgeskeld kan word,” het hy gesê.

Zuma dien tans sy laaste paar maande as ANC-leier uit voordat die regerende party in Desember vanjaar ’n nuwe president kies. Sy termyn as staatshoof loop egter eers in 2019 ten einde. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!