Zuma wens Ramaphosa geluk
Zuma wens Ramaphosa geluk

Zuma wens Ramaphosa geluk

Pres. Jacob Zuma het tydens adj.pres. Cyril Ramaphosa se eerste toespraak die eenheid van die ANC geprys.
Die ANC het as wenner uit die stryd getree in die verkiesing van Cyril Ramaphosa as die party se nuwe president en die aanwysing van die party se nuwe topses-leierskap. “Daar was geen individuele wenner of verloorder nie,” het pres. Jacob Zuma in ’n verklaring gesê wat Donderdag namens hom deur die ANC uitgereik is.

Die stryd om die ANC-presidentskap was baie fel soos die faksies van Ramaphosa teen die van dr. Nkosazana Dlamini-Zuma teen mekaar meegeding het. Ramaphosa het uiteindelik as die oorwinnaar uit die stryd getree.

Afgevaardigdes op die konferensie, wat in die vroeë-oggendure van Donderdag met Ramaphosa se heel eerste toespraak as ANC-president en die aankondiging van die nuwe nasionale uitvoerende komitee (NUK) geëindig het, het verras toe hulle vroeër drie lede elk van die twee mededingende faksies tot die topses-leierskap verkies het.

David Mabuza, adjunkpresident, Ace Magashule, sekretaris-generaal, en Jesse Duarte, wat haar amp as adjunk-sekretaris-generaal behou het, was deel van Dlamini-Zuma se faksie, terwyl Gwede Mantashe, ANC-voorsitter, en Paul Mashatile, tesourier-generaal, Ramaphosa-ondersteuners is. In die verklaring sê Zuma oor die topses hy het met tevredenheid gelet op die gees van eenheid wat tydens die nasionale konferensie geheers het.

“Hierdie gevoel van eenheid is deurgevoer tot die verkiesing van die topleierskap om die nasionale demokratiese revolusie vorentoe te neem.

“Ek wil kameraad president Cyril Ramaphosa hartlik geluk wens met sy verkiesing om hierdie reus van ’n organisasie van ons mense, die ANC, te lei. Die aspirasies van ons mense in Suid-Afrika, in die streek en op die vasteland, waarvan die meeste arm swart mense is, berus nou by kameraad president Ramaphosa en die leierskap.

“Ons wens die nuwe leierskap die beste toe om die land vooruit te neem deur middel van die toepassing van die ANC se beleide en programme.” Zuma het ook al die afgevaardigdes bedank vir hul “dissipline en die vasbeslote wyse waarop hulle met die ANC se sake op die konferensie gehandel het. “Die afgevaardigdes het weer eens gewys daar is geen groter taak as die ANC nie, maar die belangrikste is dat hulle bewys dat eenheid binne die ANC heilig is. “Ek is ook daarvan seker dat die beleide wat by die konferensie aanvaar is Suid-Afrika tot voorspoed gaan lei deur die toepassing van radikale sosio-ekonomiese transformasie en ’n hernude aanslag op die uitdagings wat armoede, werkloosheid en ongelykheid inhou.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!