Zuma wens Weah geluk met presidentskap

Pres. Jacob Zuma het mnr. George Weah gelukgewens met sy oorwinning in die Liberiese presidentsverkiesing.

Weah, ’n voormalige internasionale sokkerster, het luidens EWN en eNCA die presidentsverkiesing gewen wat op 26 Desember plaasgevind het.

Dié 51-jarige voormalige Wêreldsokkerspeler van die Jaar het stof in die oë geskop van sy 73-jarige teenstander, mnr. Joseph Boakai.

Weah het na berig word 12 van die 15 stemdistrikte op homself verenig.

’n Twiet van Weah het Woensdag gelui: “Dit is met diep emosie dat ek julle, die mense van Liberië, wil bedank vir die eerbetoon aan my met jul stemme vandag. Dit is ’n groot hoop. #Liberia. # Liberia 2017.”

Gelukwensinge het Woensdag op Twitter ingestroom vir Weah, wat op sy dag as speler vir onder meer AC Milan en Chelsea uitgedraf het.

Zuma het volgens ’n verklaring van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking die mense van Liberië gelukgewens met die vreedsame wyse waarop die verkiesing plaasgevind het.

“Pres. Zuma het verder ook die uittredende president, Ellen Johnson Sirleaf, wat die amp in 2018 sal verlaat nadat sy vir twee termyne as Afrika se eerste verkose vroulike staatshoof gedien het, geprys.”

Hy het daarop gewys dat die vreedsame en demokratiese wyse waarop die verkiesing plaasgevind het ’n aanduiding is van nóg ’n positiewe stap om demokrasie op die vasteland te verdiep.

Gelukwensinge het Woensdag op Twitter ingestroom vir Weah, wat op sy dag as speler vir onder meer AC Milan en Chelsea uitgedraf het. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!