Zuri – 'n tuiste vir groot en klein
Hier vind wildediere wat wees gelaat is, ''n veilige hawe.
Tanja Bause
“Zuri is die Swahili-woord vir ''mooi'' en vir ons is ons plek die mooiste in die wêreld,” het dr. Erika de Jager van die Zuri Orphanage vir wilde diere gesê.
Dié weeshuis vir diere is buite Tsumeb geleë. Alles het ''n paar jaar gelede begin toe iemand ''n kat vir De Jager, die plaaslike veearts, gebring het om te versorg.
“Die kat, wat ons Pippie genoem het, was aan die brand gesteek. Sy het beide haar ore verloor en brandwonde op haar hele lyf gehad. Ons het haar maande lank versorg en vandag is sy die liefdevolste kat onder die son. Ons het toe besef daar is baie diere wat hulp nodig het,” het sy gesê.
Volgens De Jager word diere nie by Zuri aangehou nie; hulle word slegs versorg totdat hulle terug veld toe kan gaan. Baie van die diere kom steeds elke aand hierheen om te eet of te kom kuier, soos ET die erdvark.
“Ons het ET gekry toe hy nog pienk was en maar 4 kg geweeg het. ''n Vragmotorbestuurder het hom op die grondpad tussen Gobabis en Grootfontein agter die wiel van sy voertuig gewaar. Sou hy oor hom gery het, was ET dood,” het sy gesê.
ET het ses maande lank in die kombuiskas gebly voordat hy in sy eerste erdvarkgat gaan speel het. Stadig maar seker het hy al langer uitgebly en in Augustus 2014 het ET vir die eerste keer “uitgeslaap”.
“Dit was vir my baie moeilik toe hy weg is, maar ek het geweet hy is gelukkig en hoort in die natuur. Groot was my verbasing toe hy huis toe kom en vir sy gunsteling pienk ProNutro-pap wag. Nou kom hy elke aand huis toe, speel, eet en slaap bietjie by die huis en dan gaan hy weer bos toe,” het sy gesê.
''n Ruk gelede het Gertie, nog ''n baba-erdvark, by Zuri beland. Sy het blase onder haar pote gehad en haar vel was deur die son gebrand, sy was gedehidreer en in ''n slegte toestand. Gertie het maar 4 kg geweeg en De Jager vermoed sy was lank sonder haar ma in die veld. Met baie liefde en aandag is Gertie besig om gewig op te tel en aan te sterk.
“Omdat ons ''n ET het, het ons besluit om haar Gertie te noem.”
Hermanus die ystervark is gevind waar hy op sy ma wat dood was, gelê het. Hy was toe so groot soos die palm van ''n mensehand. Hy het die eerste paar maande van sy lewe in ''n voëltjiehok gewoon, daarna in ''n hoenderhok en is uiteindelik buite toe.
“Hermanus het een aand met ''n maatjie by die huis opgedaag en in Mei het hulle twee babas gehad. Hermanus en sy hele familie kom elke aand kuier,” het De Jager gesê.
Batman die vlermuis was kleiner as ''n volwasse man se vinger toe hy by De Jager aankom. Hy het in ''n skoenboks gewoon en het oral saam met De Jager rondgery.
“Eendag toe ons die deksel van sy ''huis'' oopmaak om hom te voer, het hy weggevlieg. Dit is presies wat ons wil hê. Wanneer ons wesies groot en sterk genoeg is, moet hulle terug in die natuur gaan. Ons wil hulle nie mak maak nie. Hulle is wilde diere en hoort in die natuur.”
Zuri is nie net vir wilde diere ''n veilige hawe nie. Matanie die hond bly nou al jare lank daar.
“Ek het die hond in die pad sien hardloop en toe ek haar wou vang, het sy weggehardloop. Drie dae later het ek haar by een van my perdesleepwaens gesien. Ek het haar huis toe geneem en sy het drie dae lank op die bank gelê en slaap. Sy was mishandel, plastiek was om haar nek gewikkel en sy het ''n brandwond op haar kop gehad. Na die drie dae se slaap, was sy die dankbaarste hond ooit.”
De Jager gebruik dié wonderlike diere om mense van oral oor die wêreld oor die Zuri Orphanage in te lig, hoofsaaklik op haar Facebook-blad.
“Deur Facebook kan almal deel wees van die wonderlike diere. Ek kan ook meer wetenskaplike inligting oor die diere deurgee, soos of daar ''n band tussen die mens en ''n erdvark kan wees. As ek vir ET roep, dan kom hy. Hy speel met my so lank as wat hy wil en dan loop hy weer. Ons sny sy spoor gedurende die dag en dan neem ons mense na sy gat waar hulle hom kan sien. Die opvoedkundige waarde hiervan is ongelooflik.”
Sy sê ''n seun in Australië het ET as onderwerp vir ''n skooltaak gebruik. Die seun het begin met ''n kaart van Afrika, daarna ''n kaart van Namibië en uiteindelik ''n kaart van Tsumeb om te wys presies waar ET woon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie