‘Dun probleemdiere uit om konflik te vermy’
Parlementêre staande komitee maak aanbevelings
Openbare verhore is vanaf Augustus 2023 tot Augustus 2024 in vyf streke gehou, naamlik in die Zambezi, Kavango-Oos- en -Wes, Kunene en Erongo.
Met gevalle van mens-dier-konflik wat in Namibië toeneem, is daar aanbeveel dat die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme ’n jaarlikse uitdunning van probleemwild in alle streke moet oorweeg om voorvalle te beperk.
Dit is maar een van die aanbevelings wat gemaak is in die verslag deur die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne oor mens-dier-konflik.
Die komitee het openbare verhore vanaf Augustus 2023 tot Augustus 2024 in vyf streke gehou, naamlik in die Zambezi, Kavango-Oos- en-Wes, Kunene en Erongo. Die menings van die geraakte gemeenskapslede oor dié kwessie is aangehoor, voordat die verslag saamgestel word vir voorlegging aan die Nasionale Vergadering (NV).
Volgens die verslag is wild een van die natuur se oorblywende bates met aansienlike potensiaal om landelike gemeenskappe te bevoordeel.
IKONIESE SPESIES
“Een van die grootste bedreigings vir wildlewe, veral die meer ikoniese spesies soos olifante, krokodille en leeus, spruit egter voort uit mens-dier-konflik soos vergelding weens veeverliese aan roofdiere, oesskade deur olifante en verliese van menselewens of beserings.”
Die verslag meld dat sekere wildspesies ’n groot bedreiging vir gemeenskappe in sommige streke inhou in hul soeke na oorlewing tydens droogtetye. As gevolg van die erge droogte wat in ’n stadium in hierdie streke ervaar is, ding mense mee met hierdie wildspesies om water en gewasse.
“Die gemeenskap daar buite is verpletter deur die verliese van hul diere aan roofdiere, lewensverliese as gevolg van krokodilaanvalle, en olifante wat skade aan hul gewasse aanrig, insluitend die vernietiging van infrastruktuur.”
Geraakte gemeenskappe pleit by die regering om dringend in te gryp.
“Die belangrikheid van wild kan nie oorbeklemtoon word nie weens die voordeel wat dit in die algemeen vir die nasie inhou, maar die gemeenskappe daar buite verloor tot op ’n punt waar hulle die reg in eie hande wil neem.”
Luidens die verslag is die gevalle van mens-dier-konflik in sommige streke, veral in Zambezi en Erongo, kommerwekkend.
“Die regering moet dus ’n jaarlikse uitdunning van probleemdiere oorweeg, veral die oues.”
MEER LEWENSVERLIESE
Die verslag het bevind dat voorvalle van mens-diere-konflik wat lewensverliese behels, in die Zambezistreek aan die toeneem is in vergelyking met ander streke, terwyl die vernietiging van huise en waterinfrastruktuur deur olifante hoog is in die Erongostreek.
Die verslag meld dat bewaringsgebiede meer voordelig is vir gemeenskapslede in die Zambezistreek in vergelyking met ander streke.
“Regeringsingryping is dringend nodig om die situasie te takel.”
Verder lui die verslag dat die nasionale beleid oor mens-dier-konflikbestuur hersien moet word om ander aspekte in ag te neem volgens die aanbevelings wat verskaf word.
Daar is verder aanbeveel dat die omgewingsministerie bewusmaking moet prioritiseer oor die aanmelding van mens-dier-konflikvoorvalle en die indien van eise van skade of verliese.
Ander aanbevelings was dat die ministerie die betalingsproses moet desentraliseer om vertragings en ’n duidelike agterstand van betalings vir mens-dier-konflikvoorvalle te vermy. Dit moet ook die wetsontwerp op die bestuur van wildlewe en beskermde gebiede ten minste binne ’n jaar finaliseer.
Verder moet die ministerie gereelde monitering en wildtellings doen om te verseker dat wildgetalle op volhoubare vlakke in die gemeenskappe gehou word.
Billike en gelyke behandeling van slagoffers in alle streke moet verseker word wanneer mens-dier-konfliksake hanteer word en die teenwoordigheid en kantore in geraakte gebiede moet verhoog word om vinnige reaksie te verseker om voorvalle te verhoed.
Die ministerie van inligting en kommunikasietegnologie is ook aangemoedig om dringend selfoonnetwerktorings in die Kunene- en Erongostreek in nedersettings op te rig wat deur mens-dier-konflikgevalle geraak word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie