'’n Vegter tot die einde'

Kristien Kruger
“Ons het haar Minky genoem. Ons het baie met haar gepraat en tyd saam met haar deurgebring. Ons het desperaat probeer om die situasie net ’n bietjie beter vir haar te maak.”

Só het die lewensredder en maritieme kaptein, Sean Naude, gister op Facebook gedeel oor die minke-walvis wat Sondag by Pelikaanpunt uitgespoel en dae later dood is.

Hoewel ’n mariene bioloog van mening was dat daar nie veel hoop vir oorlewing vir die walvis was nie, het Naude en sy dogter, Jessy, alles in hul vermoë gedoen om die walvis te red en tot die einde by haar te wees.

Nadat die walvis uitgespoel het, het ’n groep vrywilligers gepoog om haar terug in die water te stoot. ’n Boot en tou is later ingespan in ’n poging om haar terug in die water te trek.

Die mariene bioloog Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia (OCN) het egter opgemerk dat dit baie spanning vir die walvis veroorsaak en pogings is vir eers gestaak.

Dreyer was van mening dat die walvis baie maer was en moontlik water in haar longe gehad het. Hy het vermoed dat sy net met een long asemhaal en het aanbeveel om haar te los en dat die natuur sy gang gaan.

“Die volgende oggend het die gety uitgegaan en sy het weer alleen op die strand gelê, die son beskadig haar eerste laag vel en sy moes nat gehou word,” verduidelik Sean in sy plasing.

Sean en Jessy was vasbeslote om te verseker dat sy nie deur jakkalse of voëls weggeraap word terwyl sy nog lewe nie. Hulle het oornag by haar gebly om haar nat te hou en ongediertes weg te jaag.

“Sy was ’n vegter tot die einde toe, dit is verseker.”

Hy vertel verder hoe daar oomblikke van hoop was om haar te red, veral toe die hooggety teruggekom het. Dit was egter tevergeefs.

"Sy was die wonderlikste wese wat ons die eer en voorreg gehad het om ’n oomblik in tyd mee te deel."

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 29° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 26° | 35° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 18° | 37° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 22° | 32° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 18° | 37° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 14° | 30° Ariamsvlei: 19° | 37° Oranjemund: 14° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 34° Lubumbashi: 17° | 20° Mbabane: 15° | 27° Maseru: 19° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 18° | 21° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 20° | 31° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 20° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!