142 in vyf jaar skuldig bevind aan stropery
Minder olifante doodgemaak
Statistieke toon altesaam 131 wildmisdaadsake met betrekking tot renosters is vanaf 2017 tot op hede geregistreer.
Meer as 40% van die 987 verdagtes wat sedert 2017 weens olifant- en renosterwildmisdade in hegtenis geneem is, is op borgtog vrygelaat.
Statistieke toon 415 van dié verdagtes is tans op borgtog, terwyl slegs 142 skuldig bevind is. Daarbenewens is meer as 87% Namibiërs.
Die hoof van die eenheid vir beskermde hulpbronne en die Blou Renoster-taakspan, adj.komm. Barry de Klerk, het dié statistieke by die Nasionale Belanghebbersforum oor Wildmisdaad en Wetstoepassing gedeel.
Hy het gesê sedert 2017 is 291 vuurwapens afgevat, waarvan 18 gekonfiskeer is; en altesaam 152 voertuie is op beslag gelê, met 17 vanjaar.
Volgens De Klerk het die jongste ontdekking van 11 swartrenosterkarkasse in die Etosha Nasionale Park die aantal gestroopte renosters vir 2022 tot 21 opgestoot.
“Vier swartrenosters onder die ministerie se bewaringsprogram is vanjaar gestroop asook ses witrenosters in privaat besit. Stropery en sy uitdagings is in ons midde. Die stroping van wild kan dalk nog toeneem,” het hy gesê.
Statistieke toon altesaam 131 wildmisdaadsake met betrekking tot renosters is vanaf 2017 tot op hede geregistreer. Slegs vier sake is vanjaar geregistreer.
Altesaam 93 sake is tans hangend, 16 is afgehandel (met skuldigbevinding), nege is voorlopig teruggetrek, agt is van die rol geskrap, twee is sonder skuldigbevinding afgehandel, twee is onopgelos en een saak is onbepaald.
Die streke Kunene (26), Otjozondjupa (25), Omusati (16), Oshikoto (16) en Erongo (12) het die meeste renosterstropings geregistreer.
Altesaam 519 verdagtes is sedert 2017 tot op hede in Namibië vir renosterstropery gearresteer, waarvan 487 Namibiërs, 21 Angolese, ses Zambiërs en vyf Asiate was.
De Klerk het gesê uit dié gearresteerde verdagtes is 243 op borgtog vrygelaat, terwyl 132 verhoorafwagtend is, 32 sake is teruggetrek, 30 is volgens artikel 174 vrygelaat, 30 is skuldig bevind, 29 is vrygelaat, nege is dood, agt het gevlug, vyf is vrygespreek en een is nie vervolg nie.
Hy het beklemtoon daar moet meer skuldigbevindings wees. In 2020 is 145 verdagtes gearresteer weens renosterstropery, maar slegs 8 is skuldigbevinding. Verlede jaar is 80 verdagtes in hegtenis geneem met twee skuldigbevindings.
Volgens die statistieke is 56 renosters in 2014 gestroop, 97 in 2015, 66 in 2016, 55 in 2017 en 83 in 2018. Stropery het daarna begin afneem met 56 renosters wat in 2019 doodgemaak is, 40 in 2020 en 43 verlede jaar.
OLIFANTE
Intussen is ’n totaal van 232 wildmisdaadsake waarby olifante betrokke is sedert 2017 geregistreer, waarvan 21 vanjaar geopen is.
Altesaam 468 verdagtes is in dié tydperk gearresteer, insluitend 374 Namibiërs, 46 Angolese, 34 Zambiërs, agt Botswana-burgers, drie Asiate, twee Europeërs en een Zimbabwiër.
Die meerderheid van hierdie verdagtes (172) is vry op borgtog, terwyl 128 verhoorafwagtend is, 112 skuldig bevind is, 21 sake teruggetrek is, nege verdagtes het gevlug en agt verdagtes is vrygespreek. Ook is agt verdagtes ontslaan, ses is op waarskuwing vrygelaat, drie is vrygelaat en een is dood.
Slegs twee olifante is vanjaar gestroop. Dit is ’n reusedaling van die 78 olifante wat in 2014 gestroop is, gevolg deur 49 in 2015, 101 in 2016 en 50 in 2017.
Olifantstropery het in 2018 gedaal met 27 olifante wat gestroop is, 13 in 2019, 12 in 2020 en agt verlede jaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie