238 700 baat by bewaringsgebiede
Strek oor 180 122 vierkante kilometer
Diegene wat in bewaringsgebiede woon het 'n totale kontantinkomste van N$54,43 miljoen verdien.
Ellanie Smit - Gemeenskaplike bewaringsgebiede bly die sleutel tot Namibië se bewaringsuksesse en beslaan nou 20,2% van die land, terwyl ongeveer 238 700 mense uit landelike gemeenskappe daaruit voordeel trek.
In 2021 was die netto nasionale inkomstebydrae uit gemeenskapsbewaring sowat N$583 miljoen en die totale bydrae sedert 1990 beloop N$11,91 miljard.
Dit volgens die jongste syfers wat in die 2021-verslag oor die stand van gemeenskapsbewaring gepubliseer is.
Terwyl gemeenskapsbewaring 3 548 werksgeleenthede gedurende 2021 gefasiliteer het, was meer as 900 in diens van bewaringsgebiede.
By die 64 gesamentlike ondernemings met bewaringsgebiede is 774 mense voltyds en 62 mense deeltyds in diens geneem, en 47 bewaringsjagkonsessies het werk geskep vir 130 voltydse en 188 deeltydse werkers.
Daar was ook agt klein- en mediumgrootte ondernemings met tien voltydse werknemers en 378 produsente van kunsvlyt-items.
Luidens die verslag het bewaringsgebiede in 2021 ’n totale kontantinkomste en voordele van meer as N$91 miljoen vir landelike gemeenskappe gegenereer.
Hiervan het toerisme N$53,8 miljoen gegenereer en jag vir bewaringsdoeleindes N$35,2 miljoen, terwyl N$1,02 miljoen uit inheemse plante genenereer is en N$1,65 miljoen uit ander inkomstebronne.
Diegene wat in bewaringsgebiede woon het 'n totale kontantinkomste van N$54,43 miljoen verdien.
Hiervan was N$25,96 miljoen uit gesamentlike ondernemingstoerisme, N$26,4 miljoen uit bewaringsgebiede, N$1,87 miljoen uit jag vir bewaringsdoeleindes en N$99 000 uit klein- en mediumgrootte ondernemings.
Die verslag meld dat inwoners van dié gebiede ook 'n totale kontantinkomste van N$1,029 miljoen uit inheemse plante en N$708 900 uit kynsvlyt verdien het.
Die wildsvleis wat bewaringsgebiede deur trofeejag verkry het, is op meer as N$9,26 miljoen gewaardeer, terwyl altesaam N$11,57 miljoen se kontantvoordele aan inwoners van dié gebiede uitgedeel is en gebruik is om gemeenskapsprojekte te ondersteun.
Teen einde 2021 was daar 86 bewaringsgebiede en twee gemeenskapsverenigings; naamlik die Kyaramacan-vereniging in die Bwabwata Nasionale Park en die ≠Aonin (Topnaar)-gemeenskapsvereniging wat in Desember 2021 gestig is.
Gemeenskapsbewaring dek nou 180 122 vierkante kilometer, wat 58,8% van alle kommunale grond is, met ’n geraamde 234 701 wat direk betrokke is.
Met onafhanklikwording in 1990 was daar geen geregistreerde gemeenskapsbewaringsgebiede nie, vryebewaringsgebiede het nie bestaan nie, en slegs 14% van grond was onder erkende bewaringsbestuur.
Pohamba Shifeta, die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, het egter in die verslag gesê drie dekades se werk om ’n bewaringsekonomie in Namibië te bou – wat van toerisme en jag afhanklik is – is deur die Covid-pandemie in gedrang gebring.
“Hierdie afhanklikheid van twee inkomstebronne het sommige van die leemtes binne die program uitgelig, insluitend die behoefte om inkomste- en lewensbestaanbronne te diversifiseer om blootstelling aan eksterne skokke en krisisse te voorkom.”
Hy het bygevoeg dit is inspirerend om die veerkragtigheid van gemeenskappe te sien en hoe hulle daarin geslaag het om deur moeilike tye te volhard terwyl hulle die uitwerking van die pandemie op hul persoonlike lewens bestuur het terwyl hulle ook die gemeenskapsbewaringsagenda bly bevorder het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie