No Image Caption

28 renosters reeds vanjaar gestroop

Ellanie Smit
'n Dringende hoëvlak-vergadering tussen die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme en sekuriteitsgroepe is belê nadat 28 renosters in die eerste drie maande van die jaar in Namibië gestroop is. Uit die 28 renosters is 19 in die Etosha Nasionale Park gestroop. Volgens die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda is tien van die 19 gestroopte renosters in die park verlede maand tydens onthoringsoperasies ontdek.

"Die stropery in Etosha is veral kommerwekkend omdat dit ons vlagskip-park is met 'n hoë konsentrasie van renosterbewaring en ander hoë waarde spesies wat dit 'n groot aantrekkingskrag vir toeriste maak," het hy gesê.

Gegewe die dringendheid van die huidige situasie in die park word 'n evaluering tans gedoen om die volle omvang van die probleem vas te stel.

Muyunda het ook onlangse berigte bevestig van vier renosters wat op 'n private plaas in die Otjozondjupastreek gestroop is. Dit bring die totale getal renosters wat vanjaar op private plase gestroop is op vyf te staan. Ook is drie renosters op 'n renosterbewaringsplaas gestroop en nog een in die Kunenestreek. In totaal is 19 swartrenosters en nege witrenosters gestroop. Geen voorvalle van die stroop van olifante is vanjaar nog aangemeld nie. Verlede jaar is afgesluit met die hoogste syfers vir renosterstropery wat in byna 'n dekade aangemeld is. 'n Totaal van 77 renosters is in 2022 gestroop in vergelyking met die 45 wat in 2021 vir hul horings gestroop is. Verlede jaar se syfer is die derde hoogste wat sedert 2013 aangeteken is en is net verby gesteek deur 97 renosters wat in 2015 en die 84 wat in 2018 gestroop is.

"Dit vra vir kollektiewe optrede deur almal van ons. Ons veroordeel die barbaarse optrede van dié betrokke en doen 'n beroep op enige persoon om na vore te kom wat ons kan help om hulle vas te trek." - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!