77 rhinos poached
77 rhinos poached

77 renosters, 4 olifante in 2022 gestroop

Vermeende stroper vanjaar in Etosha vasgetrek
Meer as 80% van die verdagtes wat verlede jaar in verband met stropery in hegtenis geneem is, is Namibiërs.
Kristien Kruger
Ellanie Smit - Verlede jaar het geëindig met een van die hoogste renosterstroperysyfers in byna 'n dekade. Altesaam 77 renosters is verlede jaar gestroop - 32 meer as in 2021.

Volgens die jongste statistieke wat deur die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme bekend gemaak is, is verlede jaar se syfers die derde hoogste sedert 2013. Die twee hoogste syfers is in 2015 en 2018 aangeteken met onderskeidelik 97 en 84 renosters wat in daardie jare gestroop is.

Verdere statistieke toon dat 43 renosters in 2020 gestroop is - terwyl 61 in 2019, 55 in 2017, 66 in 2016 en 56 renosters in 2014 doodgemaak is.

Slegs vier olifante is verlede jaar gestroop in vergelyking met tien in 2021.

In 2020 is altesaam 12 olifante gestroop terwyl 13 olifante in 2019, 27 in 2018, 50 in 2017, 101 in 2016, 49 in 2015 en 78 in 2014 deur stropers doodgemaak is.

ETOSHA

Hoewel die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, nie kon bevestig of daar reeds vanjaar enige stroperyvoorvalle voorgekom het nie, dui polisieverslae daarop dat daar wel stroperypogings in die Etosha Nasionale Park was.

Luidens ’n onlangse polisieverslag is ’n 28-jarige verdagte van die Okangwati-omgewing in Etosha in hegtenis geneem nadat hy glo betrokke was by 'n plan om ’n renoster te stroop. Die voorval het tussen 4 en 6 Januarie aan die westekant van Etosha plaasgevind en die verdagte is glo met vyf rondtes lewendige ammunisie betrap.

Die arrestasie is gemaak nadat vermeende stropers agtervolg is na aanleiding van inligting wat deur intelligensie ingevorder is.

“Die voorlopige ondersoeke dui daarop dat verdagtes Etosha binnegegaan het met die doel om ’n renoster te soek, te jag en dood te maak om die renosterhorings vir handelsdoeleindes te verwyder.”

Die verdagte is aangekla van sameswering om beskermde wild te jag, asook die besit van 'n vuurwapen en ammunisie sonder 'n lisensie en geldige dokumente. Hy is verder ook aangekla van oortreding omdat hy Etosha sonder 'n geldige permit binnegegaan het en 'n wapen onwetting by Etosha ingeneem het sonder 'n geldige permit of dokument.

MEESTAL NAMIBIËRS

Die ministerie het in November verlede jaar gesê 106 verdagtes is tot dusver in 2022 vir stropery in hegtenis geneem - waarvan 44 in verband met renosterstropery en 62 in verband met olifantstropery was.

Muyunda het destyds gesê dit is ontstellend om tot die besef te kom dat 93 van hierdie verdagtes Namibiërs is, wat volgens die ministerie in die voorste linie van die stryd teen stropery behoort te staan. Onder die ander verdagtes is agt Angolese en sewe Zambiërs.

"Ná die toename in stroperyvoorvalle in 2014 is talle ingrypingspogings regoor die land onder leiding van die ministerie van stapel gestuur om wildmisdaad te bekamp. Wildmisdaad bedreig nie net die voortbestaan van die spesie nie, maar die reputasie van die land se bewaring, sowel as sosioëkonomiese- en toerisme-ontwikkeling,” het Muyunda gesê.

Die kwessie van renosterstropery vereis die betrokkenheid van alle belanghebbendes, veral lede van die publiek wat vermeende oortreders by die owerhede moet aanmeld.

Kommentaar

Republikein 2024-12-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!