Bedreigde voëls glo met opset vrekgery
’n Beloning van N$10 000 word aangebied vir inligting oor diegene wat vermoedelik ’n swerm bedreigde Kaapse kormorante in die Dorob Nasionale Park met opset vrekgery het.
Amptenare van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het op Vrydag 17 Januarie op die dooie voëls by Canopy afgekom. Die skuldiges is egter nog nie vasgetrek nie.
Hoofinspekteur Gabes Shekutamba sê hulle het die strand gepatrolleer toe hulle op twee groot swerm voëls afgekom en verby gery het.
By ’n derde swerm het Shekutamba opgemerk ’n paar van die voëls sukkel om weg te kom. Hy het een gevang en besef dat die voël se been gebreek was.
“Dit was vergruis en die ander een se vlerk was gebreek,” sê hy.
Daar word beweer dat ’n 4x4-voertuig gebruik is om direk in die swerm voëls op die strand in te ry, wat die dood en besering van talle voëls veroorsaak het.
“Van die spoor af blyk dit die voertuig het spoed vermeerder net voordat dit in die swerm voëls ingejaag het. Minstens 50 voëls het op slag gevrek, met nog baie wat beseer is.
“Dit lyk asof die voertuig toe gestop en mense kaalvoet uitgeklim het, moontlik om die voëls wat aan die voertuig se voorste sierrooster vasgesit het, te verwyder. Daarvandaan lei die spoor direk na die pad,” het hy gesê.
Kormorante is algemeen bekend vir die manier waarop hulle aan die begin van hul vlug stadig opstyg en die voëls sou waarskynlik nie uit die pad van die voertuig kon kom nie.
Die ministerie versoek inligting van die publiek wat kan lei tot die vervolging en suksesvolle arrestasie van die skuldiges.
BEDREIG
Die bevolking van dié seevoëls in Namibië het oor die afgelope 30 jaar met 57% afgeneem, aldus die ministerie.
Volgens ’n plaaslike bioloog Jessica Kemper word ’n voëlspesie as bedreig beskou as sy bevolking oor drie dekades met meer as die helfte verminder het.
Op die oog af mag dit voorkom asof daar groot getalle Kaapse kormorante op Namibië se strande is, maar in werklikheid is die meerderheid van die plaaslike bevolking glo uitgesterf.
Die Namibiese Stigting vir die Bewaring van Seevoëls (Namcob) ondersteun ook die soektog na die skuldiges en borg die beloning.
Namcob se amptenare voer aan daar heers groot kommer oor Namibië se seevoëlbevolking, met die bankduiker, die Kaapse malgas en die brilpikkewyn wat ook in gevaar is.
Brilpikkewyne is in Oktober verlede jaar as ’n kritiek bedreigde spesie verklaar. Klimaatsverandering se impak op visbronne en herhaalde uitbrekings van voëlsiektes dra by tot bevolkingsverliese.
Die kormorante broei op eilande naby Namibië se suidkus of op kunsmatige eilande langs die sentrale kuslyn, voor hulle met die jongelinge na plekke soos Canopy naby Hentiesbaai na kos gaan soek en waar die kuikens leer om hul vlerke beter te gebruik, aldus die plaaslike seevoëlwetenskaplike Desmond Tom.
Tom het verder beklemtoon dat hierdie voëls van Suid-Afrika, Namibië en suidelike Angola kom. Hy meen beseerde pikkewyne is sterker en kan steeds behandel word as hulle gevind word. Kormorante sal egter weens hul hol bene nie van ’n gebreekte vlerk of been kan herstel nie.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om Shekutamba by die ministerie van visserye by 081 281 8106 te kontak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie