Foto ter illustrasie Francoise Steynberg
Foto ter illustrasie Francoise Steynberg

Bekende Namibiese jagter deur olifant doodgetrap

Francoise Steynberg
'n Professionele Namibiese jagter is gistermiddag tydens 'n jagtog in die Tsandi-omgewing in die Omusatistreek deur 'n olifantbul doodgetrap.

Hy het 'n jagter van Bahrein vergesel wat die probleemdier gekwes het wat amok in die omgewing gesaai het.

Volgens die professionele jagter Jofie Lamprecht, het die 46-jarige Namibiese jagter en 'n spoorsnyer die gekweste bul gaan soek wat hom omstreeks 13:00 bestorm en getrap het.

Volgens Lamprecht het die Namibiër aan sy beserings op die toneel beswyk.

Lamprecht sê die jagter se seun het hom op die jagtog vergesel. Reëlings is getref dat die seun van Kamanjab na Swakopmund teruggeneem word waar die gesin woonagtig is.

Die jagter wat 20 jaar gelede sy grootwildjagterslisensie saam met Lamprecht gekry het, word oorleef deur sy vrou, die seun en 'n tienerdogter wat 'n bekende atleet is.

Die voorval word deur die polisie van die Omusatistreek ondersoek en die liggaam van die oorledene is na die Okahao-polisielykshuis vir 'n nadoodse ondersoek geneem. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!