No Image Caption

Betalings verhoog vir mens-dier-konflik

Verlies aan vee, oeste
Vergoeding vir gestremdheid wat deur mens-dier-konflik veroorsaak is, verdubbel tot N$100 000.
Ellanie Smit
Die kabinet het die verhoging en hersiene bedrae vir betalings ingevolge die mens-dier-konflik selfonderhoudingskema goedgekeur. Die nuwe bedrae tree op 1 September in werking.

Volgens die jongste kabinetsbesluite is die vergoeding om voorsiening te maak vir verbeterde middele om die verlies aan gemeenskappe en individuele boere te temper wat aan vee en oeste veroorsaak word. Dit is ook om inwoners te ondersteun wat deur wilde diere beseer is en ook families vir lewensverlies te vergoed.

Begrafniskoste en verwante uitgawes bly op N$100 000, terwyl beserings sonder die verlies van ‘n ledemaat verhoog van N$10 000 tot N$15 000. Beserings met die verlies van ‘n ledemaat verhoog van N$30 000 tot N$40 000, terwyl die vergoeding vir gestremdheid tot N$100 000 verhoog van die huidige N$50 000.

Met verwysing na die verlies van lewende hawe keur die nuwe kabinetsbesluit die uitbetaling goed N$5 000 vir ‘n bees goed (tans N$3 000), vir ‘n bok N$800 (N$500), ‘n skaap N$800 (N$700), ‘n perd N$1 500 (N$800), ‘n donkie N$1 000 (N$500) en ‘n vark N$1 000 (N$700).

Die vergoedingsbedrag vir die beskadiging van oeste styg van N$250 tot N$1 000 vir ‘n kwart van ‘n hektaar en van N$1 000 tot N$2 500 vir een hektaar. Gemeenskappe in Namibië het in 2022 ‘n totaal van net oor die N$9,27 miljoen as gevolg van mens-dier-konflik ontvang. Dit volgens dié jaar se verslag oor die stand van gemeenskapsbewaring in die land. Volgens die verslag moes die ministerie van omgewing, bosbou en toerisme in 2019 meer as N$31 miljoen in vergoeding weens mens-dier-konflik uitbetaal. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 39° Rundu: 24° | 36° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 24° | 32° Ruacana: 22° | 32° Tsumeb: 22° | 31° Otjiwarongo: 20° | 29° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 22° | 31° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 23° | 36° Aranos: 23° | 37° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 23° | 31° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 14° | 29° Antananarivo: 15° | 32° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 34° Harare: 20° | 33° #REF! #REF!