Bewaringsgebiede is nié op stamlyne gebaseer, sê Shifeta
Gemik op opheffing van landelike gemeenskappe
Die ministerie het klagtes ontvang dat voordele sommige lede nie bereik nie weens stamverskille.
Ellanie Smit - Bewaringsgebiede en gemeenskapswoude is nie gegrond op stamlyne nie.
Só het die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, Pohamba Shifeta, Saterdag gesê by ’n oorhandigingseremonie van finansiering en toerusting in die Zambezistreek.
Minstens 50% van die totale jaarlikse inkomste wat deur bewaringsgebiede, gemeenskapswoude of verenigings gegenereer word, moet aan die implementering van gemeenskapsontwikkelingsprojekte toegewys word, het Shifeta gesê. Dit sal volle toewyding tot die opheffing van landelike gemeenskappe verseker, het hy verduidelik.
Hy het egter opgemerk die ministerie het onlangs klagtes van sommige lede en individue van dié gebiede ontvang dat voordele nie sommige lede bereik nie as gevolg van stamstrukture of verskille in die streek.
NIE DAAR OM TE VERDEEL
“’n Bewaringsgebied of gemeenskapswoud is nie ’n instrument om gemeenskapslede volgens stam-, politieke, rasse- of etniese lyne te verdeel nie; dit is ’n dryfveer na landelike ekonomiese bevryding. Dit moet baie duidelik wees vir almal wat betrokke is.”
Shifeta het gesê alle lede van ’n bewaringsgebied of gemeenskapswoud moet by daardie gebied baat, of hulle nou aan die Masubia-, Mafwe-, Mashi- of Mayeyi tradisionele owerheid behoort.
"Ek doen ’n beroep op julle almal om julself te verbind tot nasiebou en nie konflik tussen gemeenskapslede weens stamverwantskappe of agtergrond te skep nie,” het die minister gesê.
SUKSESVERHAAL
By die geleentheid is twee projekaktiwiteite van stapel gestuur en het skenkings ontvang wat deur die Duitse ontwikkelingsbank KfW en die Namibiese regering gefinansier word.
In die geheel beloop die KfW se finansiële bydrae tot die Poverty-Oriented Support to Community Conservation in Namibia-projek N$20 miljoen, terwyl N$17 miljoen bygedra sal word tot die projek vir die ontwikkeling van gemeenskappe se lewensbestaan en die versagting van mens-wild-konflik.
Shifeta het gesê mens-wild-konflik en gemeenskapslewensbestaan is die kern van Namibië se gemeenskapsgebaseerde program vir natuurlike hulpbronbestuur.
Volgens hom is die toename in wildgetalle ’n suksesverhaal vir Namibië, hoewel dit tot ’n toename in voorvalle van mens-wild konflik gelei het.
In baie gevalle word die mees kwesbare lede van gemeenskappe geraak, wat meer druk op hul skaars hulpbronne plaas, het hy gesê.
“As ’n balanseringsmaatreël gaan die ministerie voort om inisiatiewe vir die verbetering van lewensbestaan te implementeer om te verseker dat gemeenskappe voordeel trek uit die oorvloedige natuurlike hulpbronne in hul gebiede.”
BALANSEER PRIORITEITE
Onder die gefinansierde inisiatiewe is die bou van roofdierbeskutte krale om vee teen roofdiere te beskerm en belegging in waterinfrastruktuur om konflik tussen mense, vee en wild te verminder, asook om die bedreiging van krokodille te verminder.
Ander maatreëls is blikheinings om seekoeie en olifante van saailande weg te hou en belegging in ’n leeuwagterprogram om ’n gevoel van veiligheid in gemeenskappe sowel as broodnodige werksgeleenthede vir personeel van bewaringsgebiede te skep.
“Dit is duidelik dat die maatreëls beide die elemente van wildbewaring en mense se lewensbestaan in ag neem en die balans van prioriteite handhaaf – soos dit behoort te wees. As mense is ons immers ewe deel van die omgewing,” het Shifeta gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie