ECONOMIC DEVELOPMENT: The Biomass Fair will be held in September in Windhoek. PHOTO: FILE
ECONOMIC DEVELOPMENT: The Biomass Fair will be held in September in Windhoek. PHOTO: FILE

Biomassa-konvensie in September

Geleentheid om kennis uit te ruil
Vanjaar se geleentheid word onder meer deur Standard Bank Namibia geborg en vind plaas onder die tema "Ontdek 'n nuwe dekade vir biomassa".
Ellanie Smit
Ellanie Smit

’n Tweedaagse Biomassa-konvensie wat uit ’n navorsingsimposium en bedryfskonferensie bestaan, word op 7 en 8 September in Windhoek gehou.

Die Namibia Biomass Industry Group (N-BiG), die Charcoal Association of Namibia (CAoN) en die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) bied die geleentheid aan.

Dit word georganiseer in samewerking met die World Bio-energy Association, die Duitse Bio-energy Association en die Bosbeheer- en biomassabenuttingsprojek, en word deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) GmbH geïmplementeer.

Vanjaar se geleentheid word onder meer deur Standard Bank Namibia geborg en vind plaas onder die tema “Ontdek ’n nuwe dekade vir biomassa”.

Om die groot gehoor en belangstelling van internasionale, streek- en plaaslike belanghebbendes te akkommodeer, sal die geleentheid in ’n hibriede formaat gehou word met videovoorleggings en interaktiewe paneelbesprekings na elke sessie.

FOKUSPUNTE

Die eerste dag sal afskop met ’n simposium wat die biomassa akademiese en navorsingsgemeenskappe bymekaarbring om die wetenskaplike vooruitgang, innovasies en oplossings in biomassabenutting en bosbeheer te bespreek met die doel om navorsing en markopname te bevorder.

Dit is ’n geleentheid vir wetenskaplikes, universiteitstudente en entrepreneurs om op hoogte te bly van die jongste wetenskaplike navorsing en ontwikkelings. Nust koördineer die simposium.

Die tweede dag sal fokus op bedryfsontwikkelings wat verband hou met omgewingskwessies, wetlike en regulatoriese raamwerke, biomassa-waardekettings, markte en finansies, toegang, tegnologie-oordrag en sertifiseringsdienste.

In vennootskap met die World Bio-energy Association en die Duitse Bio-energy Association, sal meer as 15 hoëvlak plaaslike en internasionale sprekers die konferensiegangers interaktief betrek by onderwerpe soos onder meer neigings, geleenthede en ander biomassa-verwante kwessies.

GROEI

Die nasionale strategie vir die volhoubare bestuur van boshulpbronne in Namibië (2022-’27) sal na verwagting ook by die konferensie bekend gestel word.

“Ons ondersoek en finansier tans baie domeine van skoon hernubare energie en het hoë verwagtinge vir die toekoms van die hulpbronne, insluitend biomassa. Die samewerking met die organiseerders van die biomassa-konferensie help ons om mense te leer oor die moontlikhede wat in hierdie bedryf – wat nog in sy babaskoene is – lê,” het Magreth Mengo, Standard Bank Namibia se hoof van bemarking, kommunikasie en korporatiewe sosiale belegging, gesê.

Die Biomassa-konvensie is ’n jaarlikse geleentheid om die bosbiomassa-sektor in Namibië en die streek ten toon te stel.

Dit bied ’n uitstekende geleentheid vir netwerkvorming en die uitruil van kennis en beste praktyke oor bosbeheer en biomassabenutting.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 19° | 27° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 20° | 25° Tsumeb: 19° | 27° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 21° | 33° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 18° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 22° | 36° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 20° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 24° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 16° | 19° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 15° | 34° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 17° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 17° | 21° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 21° | 34° Harare: 19° | 31° #REF! #REF!