Bloedmaan-ervaring lê voor
Net elke 2,5 jaar te sien
Die hoogtepunt van die verduistering – wanneer die aarde se binneskadu oor die maan inskuif en dit rooi kan vertoon – begin omstreeks 03:29 in Namibië.
‘n Bloedmaan – of eerder ‘n totale maansverduistering – sal vroegoggend op 16 Mei ook in Namibië te sien wees.
Die hoogtepunt van die verduistering – wanneer die aarde se binneskadu oor die maan inskuif en dit rooi kan vertoon - begin omstreeks 03:29 en eindig teen 06:53 in Namibië.
Dan sal die maan in sy rooi gewaad sak, wat beteken die res van die verduistering sal nie vanuit Namibië gesien kan word nie.
Amerika se nasionale lugvaart- en ruimte-administrasie (Nasa) verduidelik daar is drie soorte maansverduisterings – ‘n algehele, gedeeltelike en ‘n halfskaduweeverduistering. Tydens ‘n algehele verduistering vertoon die maan helder rooi, soos dit die geval op 16 Mei sal wees.
Hierdie is die eerste maansverduistering van die jaar. ‘n Totale maansverduistering kan egter net sowat elke twee en ‘n halwe jaar van ‘n gegewe ligging gesien word.
HOE WERK DIT?
‘n Algehele maansverduistering is eintlik ‘n frats, verduidelik Space.com.
‘n Maansverduistering kan slegs voorkom wanneer dit volmaan is en ‘n algehele verduistering net wanneer die son, aarde en maan ‘n perfekte, reguit lyn vorm. Indien die belyning nie presies reguit is nie, kom daar slegs ‘n gedeeltelike verduistering of geen verduistering voor nie.
Die maan se wentelbaan rondom die aarde lê op ‘n effense anderste vlak as die aarde se wentelbaan om die son, wat beteken die presiese belyning kan nie tydens elke volmaan gebeur nie.
Tydens ‘n maansverduistering gooi die aarde twee skaduwees op die maan – die binneskadu (umbra) ‘n vol, donker skaduwee, asook die halfskaduwee (penumbra).
Die maan beweeg dan deur hierdie skaduwee in fases – met die eerste en finale fases in die halfskaduwee, wat nie so duidelik sigbaar is nie. Die beste deel van die verduistering is dus in die middel, wanneer die aarde sy binneskadu oor die maan gooi en dikwels rooi vertoon.
Sedert die maan sowat 4,5 miljard jaar gelede gevorm het, beweeg dit jaarliks sowat 4 cm verder van die aarde af weg. Tans is die toestande vir ‘n verduistering ideaal, want die maan is persies net ver genoeg sodat die aarde dit heeltemal met sy skaduwee kan bedek – iets wat miljarde jare van nou, nie meer moontlik sal wees nie.
Nasa sê elke jaar kom sowat vier sonsverduisterings voor, terwyl maansverduisterings minder gereeld voorkom – gewoonlik nie meer as drie keer per jaar nie. Sonsverduisterings kan gewoonlik slegs langs 80 km breë strook oor die aarde gesien word, terwyl ‘n gegewe maansverduistering meestal vir tot 50% van mense op die aarde sigbaar is.
HOEKOM ROOI?
Wanneer die aarde die donkerste deel van sy skadu oor die maan gooi – die binneskadu – vertoon dit rooi omdat strale vanaf die son steeds deur die aarde se atmosfeer beweeg en dan in die rigting van die maan “gebuig” word.
Terwyl ander kleure deur die aarde se atmosfeer uitgeblok of weerkaats word, beweeg rooi lig makliker deur die atmosfeer.
Presies hoe rooi die maan vertoon, hang af van die hoeveelheid stof en wolke wat in die atmosfeer is, verduidleik Nasa. Wanneer daar meer deeltjies in die atmosfeer is, soos wanneer ‘n vulkaan byvoorbeeld onlangs ontplof het, kan die maan rooier as gewoonlik vertoon.
Die komende maansverduistering is ook sigbaar in Europa en dele van Asië, maar slegs die oostelike Noord-Amerika, Sentrale Amerika en Suid-Amerika sal die verduistering van die begin tot die einde kan sien – vir die res sal hy midde die verduistering ondergaan, volgens timeanddate.com.
Die tweede maansverduistering wat in November vanjaar sal plaasvind, sal nie plaaslik gesien kan word nie. Nasa hou ‘n lys by wat maansverduisterings tot en met 2100 voorspel, asook inligting oor verduisterings wat reeds voorgekom het.
Tydens die 21ste eeu, sal daar in totaal 228 maansverduisterings voorkom.
In 2023 sal daar ook twee maansverduisterings voorkom: Op die aand van 5 tot 6 Mei word ‘n halfskaduweeverduistering verwag, terwyl ‘n gedeeltelike een op die aand van 28 tot 29 Oktober sal plaasvind. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie