Altna, die apiesdoringboom wat tussen Hentiesbaai en Uis ter nagedagte aan Altna van der Walt geplant is, is dood. Foto verskaf
Altna, die apiesdoringboom wat tussen Hentiesbaai en Uis ter nagedagte aan Altna van der Walt geplant is, is dood. Foto verskaf

Boom in woestyn glo doodgesnoei

Tanja Bause
Een van die twee apiesdoringbome wat tien jaar gelede op die pad tussen Hentiesbaai en Uis geplant is, is dood.

Die boom is vermoedelik doodgesnoei en nie eens die bietjie reën wat geval het, kon tot die boom, Altna, se redding kom nie.

Wilna Rokitta is deel van die familie en vriende wat die twee bome ter herinnering aan Altna van der Walt en Nico van Dyk geplant het.

“Iemand het seker goed bedoel, maar dit lyk asof die boom doodgesnoei is. Die ander boom, Nico, is nie gesnoei nie en doen goed veral ná die bietjie reën. Ons het die bome self gereeld gesnoei. Dis baie hartseer omdat dit juis Altna is wat altyd die blommetjies gedra het,” het sy gesê.

Van der Walt en Van Dyk het in 2009 in ’n motorongeluk op die Wilhelmstal-pad verongeluk. Aangesien Uis beide se woonplek was, het hul familie en vriende besluit om die bome by ’n piekniekarea te plant.

Die bome is op 30 Augustus 2010 geplant en hul familie en vriende het gereeld die bome natgelei.

Volgens haar versorg ander mense ook die twee bome, al het hulle nie vir Altna of Nico geken nie of ken nie die geskiedenis agter die bome nie.

“Dit is ongelooflik hoe mense die bome versorg. Ons gaan gereeld en soms vat ons die water weer terug, omdat hulle reeds natgelei is. Mense gee vir die bome bemesting, pak die stene reg en hou die plek skoon. Iemand het ook ’n bakkie onder die bome gesit waarin mense water vir die voëls en klein diere gooi. Dis ons almal se bome.”

Hulle het die bome Altna (links) en Nico (regs) genoem en toevallig was Altna die enigste van die twee bome wat blomme gedra het.

“Ons sal beslis weer ’n nuwe boom plant.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!