Britse parlement steun verbod op jagtrofeë
Suider-Afrika 'nie behoorlik geraadpleeg'
Hoewel dit deur lede van die parlement goedgekeur is, sal die voorgestelde invoerverbod op jagtrofeë egter nou verder deur die hoërhuis van die Britse parlement ondersoek word.
Ellanie Smit - Ondanks Namibië en ander Suider-Afrikaanse lande se verset teen ’n wetsontwerp wat die invoer van jagtrofeë na die Verenigde Koninkryk (VK) wil verbied, het die Britse parlement Vrydag ten gunste daarvan gestem.
Hoewel dit deur lede van die parlement goedgekeur is, sal die wetsontwerp op jagtrofeë (invoerverbod) egter nou verder deur die hoërhuis van die Britse parlement ondersoek word.
Die verbod sal op sowat 6 000 spesies van toepassing wees en sal trofeë van diere soos leeus, renosters en olifante insluit.
Diegene wat die wetsontwerp gesteun het, het gevrees dat dit geblokkeer kon word nadat meer as 30 wysigings ingedien is.
Nadat die regering egter twee voorstelle aanvaar het – om ’n adviseursraad oor jagtrofeë te stig en om die staatsekretaris se mag te beperk om nuwe spesies by die lys te voeg waarop die verbod van toepassing sou wees, is die ander voorgestelde wysigings laat vaar.
PLAASLIKE GEVOLGE
Verskeie wetenskaplikes, omgewingsbewustes, bewaringsbewustes en Afrika-gemeenskapsleiers het hul kommer uitgespreek en gesê dit kan wildgetalle laat krimp, wat gemeenskappe ernstig kan raak.
“Trofeejag is ’n wrede oorblyfsel van ’n koloniale verlede wat lei tot diere se lyding en skade aan reeds bedreigde wildbevolkings veroorsaak, terwyl dit min voordele bied vir die plaaslike gemeenskappe wat met wild saamleef, so ons verwelkom die vordering wat gemaak is,” het Mark Jones, beleidshoof van die Born Free-stigting, gesê. Laasgenoemde is ’n internasionale natuurlewe-liefdadigheidsorganisasie.
“Terwyl hierdie wetsontwerp nie trofeejag sal verbied nie, sal dit Britse burgers wat betaal om diere in ander lande vir die pret dood te maak, verhoed om hul trofeë terug huis toe te bring, en hopelik laat dit hulle weer dink. Dit stuur ook ’n duidelike boodskap dat, met die wildkrisis, daar geen plek in die moderne wêreld is om ryk mense toe te laat om wilde diere dood te maak vir pret nie.”
NIE GERAADPLEEG
Chris Brown, ’n Namibiese ekoloog en omgewingswetenskaplike, sê egter Suider-Afrika, waar die meeste van Afrika se wild voorkom, is nie behoorlik oor hierdie kwessie geraadpleeg nie.
“Nie die regerings nie, nie die gemeenskappe nie, nie die bewaringswetenskaplikes nie en nie die betrokke nieregeringsorganisasies nie.”
Brown, wat ook die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing is, wys daarop dat Suider-Afrika goeie wild- en biodiversiteitsbeleide en -praktyke in plek het wat waarde vir wild skep en sodoende aansporings skep vir grondeienaars en bewaarders om wild op hul grond te wil hê.
“Wildgetalle neem jaarliks met 25 tot 35% toe. As dit nie bestuur word nie, sal die getalle aanhou toeneem totdat hul habitat erg oorbewei is met langtermyn-omgewingskade, en die diere sal aan wanvoeding en siektes vrek.”
Hy verduidelik dat wildgetalle tans deur jag beheer word, met die meeste diere wat vir die wildvleissektor geskiet word.
“In Namibië byvoorbeeld, word sowat 1% van die nasionale wildkudde deur trofeejag verwyder.”
Volgens Brown is die opbrengs per dier wat as ’n trofee gejag word in die algemeen 20 tot 50 keer hoër as dieselfde dier wat vir vleis geskiet word.
Hy sê die Westerse nieregerings- en diereregte-organisasies sê altyd stropery en trofeejag is dieselfde, aangesien dit dieselfde uitkoms het – die dier is dood.
“Dit is ’n doelbewus simplistiese ‘klankgreep-stelling’ wat op die oningeligtes gemik is. Mens kan net sowel sê om ’n item by ’n winkel te koop en winkeldiefstal is dieselfde – die item word van die rak verwyder.”
Professor Amy Dickman, ’n bewaringsbioloog aan die Oxford Universiteit, het gesê dit is baie teleurstellend dat Britse parlementariërs geswig het voor ’n emosionele diereregteveldtog wat deur verkeerde inligting aangevuur is.
“Hierdie wetsontwerp sal meer diere doodmaak as wat dit sal red. Hoop vir ’n rasionele, bewysgebaseerde debat berus nou by die hoërhuis van die Britse parlement.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie