CDC vier 20 jaar met 'n boom
Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC) het sy 20ste jaar in Namibië gevier met die plant van ’n spesiale boom om dié mylpaal te vier.
CDC het in 2002 sy eerste kantoor in Windhoek geopen, met kantore op Oshakati, Rundu en Katima Mulilo wat gevolg het. Die sentrum is ook in Amerika en die res van die wêreld werksaam om die bedreiging van siektes te voorkom, op te spoor en daarop te reageer.
Die Amerikaanse ambassade se chargé d’affaires, me. Jessica Long, het as simboliek van die sentrum se noue band met die land en die ministerie van gesondheid en maatskaplike, ’n boom saam met die uitvoerende direkteur in die ministerie, mnr. Ben Nangombe, geplant.
“Om ’n boom te plant is ’n simbool van wat ons doen in regerings, openbare gesondheid en in ons lewens. Ons is geroep om lewens van diens te lei, om diep wortels te groei wat ons help om saam deur moeilike seisoene van droogte, Covid-19 of MIV te gaan,” het Long gesê.
Sy het beklemtoon CDC werk nou saam met die regering om die voorsiening van gesondheidsorg in die land te versterk. Dié werk, met sy diep wortels, het volgens haar gelei tot suksesverhale en hoop.
“Ons is die afgelope 20 jaar trotse vennote in gesondheid met die ministerie en ons bly verbind tot hierdie vennootskap.”
CDC se verteenwoordiger in Namibië, dr. Brian Baker, het op sy beurt verwys na die gesamentlike voorkoming van nuwe MIV- en TB-infekterings wat lewens gered het.
“Saam konfronteer ons globale bedreigings van siektes en durf die wêreld se grootste gesondheidsprobleme aan,” het Baker gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie