'Cheetah'-toerisme in Indië skop na verwagting in Februarie af
'Cheetah'-toerisme sal na verwagting in Februarie in Madhya Pradesh, 'n staat in sentraal-Indië afskop, met cheetahs uit Namibië wat goed by hul nuwe omstandighede aangepas het. Volgens India Today is die agt cheetahs uit Namibië wat in September in die Kuno Nasionale Park vrygelaat is, in groter kampe losgelaat om verder by hul omgewing aan te pas. Geen van die diere is tans onder kwarantyn nie. 'n Besluit is nog nie geneem wanneer die diere uit die groter kampe in die oop woud vrygelaat sal word nie.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie