COP29: Lande ontevrede met klimaatsfinansiering
Ryker lande het belowe om US$300 miljard per jaar in te vorder om armer lande te help om klimaatsverandering te beveg.
Hoewel dit ’n rekordbedrag is, het dié ooreenkoms onder kritiek deurgeloop. Die ooreenkoms skiet ver te kort van die US$1,3 biljoen (trillion in Engels) waarop ontwikkelende lande aangedring het.
Die samesprekings by die COP29-klimaatberaad in Azerbeidjan het 33 uur langer as beplan aangehou en het amper ineengestort. Die beraad was veronderstel om vanaf 11 tot 22 November te duur.
In ’n aankondiging wat deur die Verenigde Nasies se Raamwerk oor Klimaatsverandering (UNFCCC) uitgereik is, het COP29 byna 200 lande bymekaargebring en die deurbraakooreenkoms bereik wat finansiering aan ontwikkelende lande sal verdriedubbel, van die vorige doelwit van US$100 miljard jaarliks tot US$300 miljard per jaar teen 2035.
Volgens berigte het die African Group of Negotiators egter die finale belofte as mosterd na die maal beskryf.
Die ooreenkoms staan bekend as die Nuwe Gesamentlike Gekwantifiseerde Doelwit oor Klimaatsfinansiering (NCQG) en is gefinaliseer ná twee weke van intensiewe onderhandeling en etlike jare se voorbereiding in ’n proses wat vereis dat alle nasies eenparig oor elke woord in die ooreenkoms moet saamstem.
“Hierdie nuwe finansiële doelwit is ’n versekeringspolis vir die mensdom, te midde van verergerende klimaatsimpakte wat elke land tref,” het die uitvoerende sekretaris van die UNFCCC, Simon Stiell, gesê.
“Maar soos enige versekeringspolis sal dit net werk as premies ten volle betaal word en beloftes nagekom word om miljarde lewens te beskerm.”
Stiell het ook bygevoeg dat dit die toename van skoon energieprojekte sal ondersteun en alle lande sal help om in die groot voordele daarvan te deel, soos meer werksgeleenthede en goedkoper en skoner energie vir almal.
COP29 het ook 'n ooreenkoms bereik rakende koolstofmarkte – wat verskeie vorige COP-klimaatberade nie kon bereik nie. Dié ooreenkoms sal lande help om hul klimaatplanne vinniger en goedkoper te implementeer en vinniger vordering te maak met die halvering van globale uitlaatgasse.
Belangrike ooreenkomste is ook bereik met betrekking tot deursigtige verslagdoening oor die klimaat.
‘MEER WERK IS NODIG’
Stiell het ook erken dat die ooreenkomste wat in Bakoe bereik is, nie aan al die partye se verwagtinge voldoen het nie en dat aansienlik meer werk oor verskeie belangrike kwessies volgende jaar nodig is.
“Geen land het alles gekry wat hulle wou hê nie en ons verlaat Bakoe met ’n magdom werk om te doen.”
Die finansieringsooreenkoms wat by COP29 bereik is, kom namate sterker nasionale klimaatplanne ingestel is waaraan alle lande volgende jaar moet voldoen.
Dié nuwe klimaatplanne moet alle kweekhuisgasse beperk om die verwarmingsperk 1,5 °C binne bereik te hou.
“Ons het nog ’n baie lang pad om te gaan, maar hier in Bakoe het ons nog ’n belangrike stap vorentoe geneem,” het Stiell gesê.
“Die VN se Parys-ooreenkoms is die mensdom se reddingsboei. Daar is niks anders nie. So hier in Bakoe en al die lande wat in hierdie kamer verteenwoordig word, neem ons daardie reis saam vorentoe.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie