Die aanpasbaarheid van plante in droëlande en woestyne
‘Plant-eensaamheidsindroom’
Prof. Thulani Makhalanyani van die Universiteit Stellenbosch se departement mikrobiologie, en die skool vir datawetenskap en rekenaardenke was deel van die span wat oor die afgelope agt jaar monsters van etlike honderde droëlandgebiede oor ses vastelande versamel het.
Wat weet ons oor hoe plante aangepas het by uiterste klimaatstoestande in die woestyngebiede van die wêreld? En hoe gaan hierdie plante reageer op opkomende bedreigings, soos toenemende droogtetoestande, weidingsdruk en verwoestyning?
Dít is die vrae wat ’n groep bestaande uit 120 wetenskaplikes van 27 lande gevra het toe hulle ’n grootskaalse internasionale studie aangepak het om te verstaan hoe plante wat in droëlande voorkom, aangepas het by hierdie habitatte van uiterstes.
Die onverwagte antwoorde op hierdie vrae is onlangs in die vaktydskrif Nature gepubliseer, in ’n artikel getiteld “Unforeseen plant phenotypic diversity in a dry and grazed world”.
Droëlande is gebiede wat ’n ernstige waterskaarste in die gesig staar (met ’n gemiddelde jaarlikse reënval van 150 mm tot 250 mm) en sluit minder vogtige, semi-droë, dorre en uiters droë ekosisteme soos die Mediterreense landskap, steppe, savannas en woestyne in.
Droëlande beslaan 45% van die aarde se grondoppervlakte en is die tuiste vir ’n derde van die wêreld se menslike bevolking.
Alhoewel ’n geskatte twee miljard mense op hierdie droëlande staatmaak vir hul lewensbestaan, is daar betreklik min studies gedoen om te ondersoek hoe plantdiversiteit in dié gebiede by uiterste klimaatstoestande aangepas het.
Prof. Thulani Makhalanyani van die Universiteit Stellenbosch se departement mikrobiologie, en die skool vir datawetenskap en rekenaardenke was deel van die span wat oor die afgelope agt jaar monsters van etlike honderde droëlandgebiede oor ses vastelande versamel het. Dit het hulle in staat gestel om meer as 1 300 stelle waarnemings van meer as 300 plantspesies te ontleed – ’n eerste op hierdie skaal.
Die wetenskaplikes het ’n totaal van 1 347 volledige stelle eienskapwaarnemings vir ontleding bymekaargemaak.
Besondere aandag is gegee aan die karakterisering van die elementoom van die plante, dit wil sê die diversiteit van chemiese elemente en spoorelemente (soos stikstof, fosfor, kalsium, magnesium en sink) wat in plante voorkom, aangesien hierdie dikwels ongedokumenteerde eienskappe ’n groot invloed uitoefen op hoe laasgenoemde funksioneer.
Die studie het in totaal meer as 130 000 individuele metings van planteienskappe behels.
Hulle het gevind plante in droë sones neem baie verskillende aanpassingstrategieë aan en dat hierdie diversiteit verbasend toeneem namate die vlakke van die droogtetoestand toeneem. Met ander woorde, bo ’n sekere drempel was daar ’n toename van 88,1% in die diversiteit van planteienskappe.
Volgens ’n internasionale mediavrystelling wat op EurekAlert gepubliseer is, blyk dit dat die isolasie van hierdie plante (“plant-eensaamheidsindroom” genoem) in droër sones die mededinging tussen spesies verminder het, wat hul in staat gestel het om ’n diversiteit van vorme en funksies uit te druk wat wêreldwyd uniek is, wat dubbel die diversiteit toon as wat in meer gematigde sones voorkom.
Hierdie aanpasbare diversiteit kan ook komplekse evolusionêre geskiedenisse weerspieël wat terugdateer na die aanvanklike kolonisasie van landhabitatte deur plante meer as 500 miljoen jaar gelede, toe hierdie habitatte uiterste toestande vir lewende organismes gebied het.
Hierdie belangrike sones word nou direk bedreig deur toenemende droogtetoestande, weidingsdruk en verwoestyning. Wetenskaplikes móét verstaan hoe plante op sulke druk reageer, alvorens hulle die moontlike toekomstige evolusie van hierdie brose ekosisteme in terme van biodiversiteit en funksionering kan bepaal.
Makhalanyane sê hulle is opgewonde om uiteindelik die resultate van die studie te publiseer.
“Hierdie projek het merkwaardige insigte gelewer rakende funksionele diversiteit in woestyne, veral van daardie streke op ons vasteland wat nog nie voldoende bestudeer is nie.”
– Wiida Fourie-Basson, Universiteit Stellenbosch

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie