53-renosters-al-vanjaar-gestroop-2018-11-190
53-renosters-al-vanjaar-gestroop-2018-11-190

Drie vermeende stropers in een week vasgetrek

Nuwe veiligheidsmaatreëls geïmplementeer
Die hoof van die teenstropingseenheid is na die Etosha Nasionale Park ontplooi.
Henriette Lamprecht
Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het verskeie veiligheidsaanpassings in die Etosha Nasionale Park gemaak sedert die karkasse van 11 gestroopte swartrenosters gevind is.

Een van die stappe is die herontplooiing met onmiddellike effek van afgetrede kommissaris Ndahangwapo Kashihakumwa, hoof van die wildbeskermingseenheid, na die park.

Twee uit ’n groep van vyf verdagtes wat probeer het om renosters in die park te jag, is ook verlede week vasgetrek.

Volgens minister Pohamba Shifeta het ’n teenstropingseenheid die groep opgemerk. Die verdagtes het op die vlug geslaan toe hulle die eenheid gewaar het, maar twee kon vasgetrek word. ’n Ondersoek om die ander drie – wie se identiteit aan owerhede bekend is – vas te trek, is in ’n gevorderde stadium.

In nog ’n voorval het beamptes van die ministerie bestaande uit wildbeskermingsdienste en parkpersoneel in die Mahango-kerngebied van die Bwabwata Nasional Park ’n vermeende stroper in hegtenis geneem.

Volgens Shifeta het personeel tydens ’n patrollie ’n lokval gestel, nadat die karkas van ’n kameelperd in strikdraad en ook biltong ontdek is. Twee mans het besef hulle word in ’n lokval gelei en volgens die minister is waarskuwingskote afgevuur.

Een van die verdagtes is in die been geskiet en in hegtenis geneem, terwyl die ander verdagte oor die grens na Botswana gevlug het. Die gewonde verdagte is ’n 40-jarige inwoner van Botswana en word tans in die staatshospitaal op Rundu behandel. Hy sal volgens Shifeta aangekla word vir die onwettige jag van ’n spesiaal beskermde wildspesie, sowel as die onwettige betreding van die park en Namibië. Die ondersoek na die identiteit en die opsporing van die tweede verdagte duur voort.

Die minister het dit duidelik gemaak inwoners duld nie stropery en die onwettige plundering van die land se natuurlike hulpbronne nie.

“Ons natuurlike hulpbronne moet tot die voordeel van ons almal bewaar en gebruik word,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!