Duine beweeg al hoe vinniger

Tanja Bause
Brigitte Weidlich – Die sandmeer in die Namibwoestyn wat lank gelede deur sterk Atlantiese winde gevorm is, beweeg al vir ’n miljoen jaar en volgens navorsing beweeg dit tans al hoe vinniger.

Volgens die Amerikaanse ruimteagentskap (Nasa) se Earth Observatory toon foto’s van die satelliete Landsat 8 en 9 wat tussen 2013 en 2022 geneem en onlangs ontleed is, dat die duine vinniger beweeg.

Die duine in die Sperrgebiet in die suidelike Namibwoestyn het in die laaste dekades verskeie kilometer na die noorde beweeg. Dit is hoofsaaklik weens die voortdurende suid-suidwestewinde.

Navorsers van die Desert Research Institute en die Smithsonian Institute het satellietopnames van die Advanced Spaceborne Thermal Emission and Reflection Radiometer (Aster) op Nasa se Terra-satelliet gebruik om die bewegings van die duine oor agt jaar te vergelyk.

Hulle het vasgestel dat die gemiddelde spoed waarteen die duine beweeg tussen sewe en 32 meter per jaar is. Kleiner duine kan tot 83 meter per jaar beweeg.

Volgens die observatorium is die groot duine geneig om hul vorm te behou. Hulle beweeg volgens die navorsers gemiddeld sowat nege meter per jaar.

“Satellietfoto’s wat oor die jare van die duine geneem is, wys dat kleiner duine gereeld voorkom en die groter halfmaan-duine verbysteek,” luidens die observatorium.

“Dit is hoekom die duine in die Sperrgebiet van die vinnigste bewegende duine in die wêreld is. ’n Hoë energie wind met sterk suidewinde – veral in die somer – kom voor en daarmee saam is dit een van die winderigste duinestreke in die wêreld,” het Nick Lancaster, ’n deskundige en emeritus-navorsingsprofessor by die Desert Research Institute, gesê.

Die duine beweeg aangesien die sand aan die windkant geërodeer word en na die glykant beweeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 18° | 31° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 16° | 24° Omaruru: 18° | 25° Windhoek: 18° | 24° Gobabis: 20° | 30° Henties Bay: 18° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 21° Rehoboth: 19° | 26° Mariental: 20° | 29° Keetmanshoop: 21° | 27° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 17° | 25° Ariamsvlei: 23° | 31° Oranjemund: 17° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 19° | 31° Maseru: 19° | 31° Antananarivo: 16° | 30° Lilongwe: 19° | 25° Maputo: 24° | 38° Windhoek: 18° | 24° Cape Town: 18° | 25° Durban: 24° | 35° Johannesburg: 19° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!