Eenmaal in ’n super-bloumaan
Kom eers weer oor tien jaar
Dié maand sorg vir 'n rare verskynsel; nie net sal dit vir twee supermane sorg nie, maar die tweede is ook 'n bloumaan.
Namibiërs kan op 31 Augustus uitsien na ’n super-bloumaan – ’n rare verskynsel wat eers oor tien jaar weer gesien sal kan word en die laaste keer in Desember 2009 voorgekom het.
Die eerste volmaan verskyn vandag en is ook ’n supermaan, terwyl 31 Augustus s’n na verwagting die grootste volmaan van die jaar sal wees.
’n Bloumaan is wanneer daar ’n tweede volmaan binne een maand voorkom en verwys nie noodwendig na die maan se kleur nie. ’n Supermaan verwys na ’n volmaan wat voorkom terwyl die maan sy naaste punt aan die aarde, naamlik sy perigeum, bereik het.
Teen die einde van Augustus sal die twee verskynsels sáám voorkom, wat dan ’n super-bloumaan genoem word.
Die eerste volmaan vir die maand kom vandag kort ná 18:00 op, terwyl die super-bloumaan teen die einde van die maand 19:19 opkom.
SELDE
Die maan se siklus duur ongeveer 29,5 dae om vanaf ’n volmaan te kwyn tot nuwemaan en weer terug tot ’n volmaan te groei.
Dit lei daartoe dat daar meestal net een volmaan in ’n maand voorkom – maar af en toe is daar ’n tweede volmaan binne ’n enkele maand. Dit is ook waarskynlik wat tot die uitdrukking gelei het dat iets wat selde plaasvind “slegs eenmaal in ’n bloumaan” gebeur.
‘n Bloumaan kom gemidddeld elke drie jaar voor, met die volgende bloumaan wat na verwagting in Mei 2026 sal verskyn.
SUPERMANE
Die volgende bloumaan sal in Augustus 2024 voorkom, maar dan is dit nie ’n supermaan nie.
Tydens ’n supermaan is die middelpunt van die maan minder as 360 000 km vanaf die middelpunt van die aarde. Dit beteken daar is net sowat twee supermane per jaar. Die teenoorgestelde kom ook voor – wanneer dit volmaan raak terwyl die maan op sy verste punt weg van die aarde is (apogeum). Dan word dit ’n mikromaan genoem.
Die maan se wentelbaan om die aarde vorm nie ’n perfekte sirkel nie, maar is ellipties, met die een kant nader aan die aarde as die ander. Gevolglik verskil die afstand tussen die maan en die aarde gedurende enige maand of oor ’n jaar. Die gemiddelde afstand is sowat 382 900 km.
Terwyl ’n supermaan tot 7% groter vertoon as die gemiddelde volmaan, lyk enige volmaan groot en mooi as dit naby aan die horison gesien kan word. Supermane sal ook weer volgende jaar op 18 September en 17 Oktober voorkom en dan weer eers in 2025.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie