Endemiese plante in gevaar
‘Plantstropery ’n groot bedreiging’
Die Sperrgebiet is 'n nasionale park met 'n hoë diversiteit van plante en 'n groot aantal endemiese spesies.
Tanja Kipke – ’n Omgewingswetenskaplike het haar kommer uitgespreek oor die voortbestaan van die endemiese plante in die Tsau //Khaeb Nasionale Park (Sperrgebiet).
Dr. Antje Burke is al byna 30 jaar in die Sperrgebiet betrokke en gee raad aan Namdeb, die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme en ander belanghebbendes in die streek oor biodiversiteit en natuurbewaringsplanne en omgewingsbestuur.
“Plante is my passie,” het sy aan die begin van haar lesing by die Wetenskaplike Vereniging van Namibië gesê.
“Plante is altyd ’n aanduiding van ander habitatte.”
Die Sperrgebiet is ’n nasionale park met ’n hoë diversiteit van plante en ’n groot aantal endemiese spesies – dit wil sê plante wat net in die streek voorkom.
“In totaal is daar 31 plantspesies wat net in hierdie gebied voorkom, waarvan 11 ’n uiters beperkte verspreidingsgebied het,” het Burke verduidelik.
“Soms groei hulle net op een van die berge en nêrens anders nie.”
BEDREIGINGS
Burke het ’n lys van bedreigings saamgestel wat die plante in die Sperrgebiet se voortbestaan belemmer.
Eerstens noem Burke klimaatsverandering, “ons weet nie hoe die plante daarop gaan reageer nie.
“Dit is egter duidelik dat hulle in die toekoms aan groter stresfaktore blootgestel sal word. Mynbou vernietig ook habitatte. Dit is egter danksy diamantontginning dat hierdie diversiteit hoegenaamd in die beperkte gebied kon oorleef.”
Vir ’n geruime tyd al is ’n deel van die beperkte gebied ook vir die publiek oopgestel. By die Aurus Saddle is daar ’n staproete en ’n uitkykpunt vir toeriste.
“Dit is ’n kerngebied van skaars plante,” het Burke gesê.
Sy het ’n paadjie met afbakenings en ’n uitkykplatform aangevra. Sy het ook aanbeveel dat ’n kamera geïnstalleer word sodat mense gemonitor word, maar niks het daarvan gekom nie glo weens ’n gebrek aan geld.
“Almal wil ’n foto neem en sodoende bly hulle nie op die paadjie nie en trap dan op die plant.”
As dit voortgaan, sal dié endemiese kerngebied oor ’n paar jaar verlore wees, voorspel Burke.
Nie net is volhoubare toerisme ’n bedreiging nie, maar vir Burke is plantstropery een van die grootste bedreigings.
“Die endemiese plante word in Asiatiese markte aan versamelaars of vir medisinale doeleindes verkoop.”
Die laaste kwessie wat Burke aanroer, is die “groenwaterstofprojek”.
“Sou windplase in die toekoms uitbrei – beplanning is reeds aan die gang – sal dit ook gebiede tref wat die tuiste van talle endemiese plante is. Van groen-ontwikkeling kan nie meer gepraat word nie.
“Hulle sal verlore wees as hulle vernietig word.”
Om dié plante van uitwissing te red, doen Burke ’n beroep op meer intensiewe omgewingsbestuur en ’n toename in die ministerie se personeelgetalle.
“Endemiese plante staan slegs ’n kans as hulle status erken word, beskermingsmaatreëls aangeneem en gevolg word in beplanning, ontwikkeling en uitvoering,” het Burke afgesluit.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie