Etosha: Oud-eenheidshoof maak uitlatings oor stropery
Die voormalige hoof van die polisie se teenstropingseenheid in die Etosha Nasionale Park het onlangs in ’n wydverspreide klankgreep gesê staatsamptenare belemmer pogings om stropery hok te slaan.
Ndahangwapo Kashihakumwa is ’n voormalige polisiekommissaris in Oshana, wat in 2017 as die hoof van die eenheid aangestel is.
Hy vertel in die klankgreep hoe hy oor die jare van sy magte gestroop is van sy destydse posisie as bevelvoerder van die eenheid tot waar hy nou as ’n blote intelligensie-koördineerder dien.
Kashihakumwa het dié bewerings gemaak in ’n klankgreep van 11 minute wat tans op sosialemediaplatforms versprei word. Dit blyk uit sy boodskap dat daar ’n magstryd binne die teenstropingseenheid bestaan wat ook die bestuur daarvan beïnvloed.
Hy het hom gedistansieer van die stropingsaktiwiteite wat in Etosha plaasvind.
Hy het verduidelik dat die lede van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme wat tans deel vorm van die teenstropingseenheid in Etosha nie onder sy bevel is nie. Hy meen egter dat die eenheid veronderstel was om onder sy vlerk te wees, maar dit is glo van hom weggeneem.
“Ek was veronderstel om die direkte bevel oor hulle te hê, maar omdat daar mense is met hul eie agendas, het hulle daardie eenheid van my weggeneem.”
Hy het verder gesê dat diegene wat vrae het oor renosters wat gestroop word, dit aan amptenare in die ministerie moet rig en nie aan hom nie.
“My werk is nou net om die intelligensie van die verskillende sekuriteitsgroepe te koördineer. Ek het niks met die doodmaak van renosters te doen nie. Die doodmaak van renosters maak my ook seer.”
Hy verduidelik verder dat die Namibiese weermag, lede daar ontplooi wat wil werk, maar hulle staar glo uitdagings in die gesig oor hoe hulle te werk moet gaan om stropery hok te slaan.
“Ek is ’n soldaat, ek is ’n bevelvoerder. Ek werk al lank in sekuriteit en weet die goeie en slegte daarvan. Ek het nie tyd om met stropery te help nie en as jy gaan kyk na die name van mense wat in die hande gekry is om met stropery te help, is myne nie daar nie,” het Kashihakumwa gesê.
LEUENS
Na aanleiding van Kashihakumwa se bewerings het die ministerie Donderdag ’n verklaring uitgereik wat aandui dat die bewerings wat Kashihakumwa gemaak het onwaar is.
“Die bewerings wat gemaak word, is sonder enige basis en sal intern hanteer word aangesien dit ’n interne aangeleentheid is. Ons wil lede van die publiek verseker dat ons daartoe verbind is om die stropery-uitdaging in hierdie land gesamentlik op te los,” lui die verklaring, wat ook daarop gewys het dat Kashihakumwa se dienstermyn vandeesmaand tot ’n einde kom.
SAMEWERKING
“In hierdie geval wil ons dit duidelik stel dat die bestuur van stropery in die land ’n gesamentlike poging is en nie ’n eenmanvertoning nie. Tot op hede het ons saam met verskeie belanghebbendes gewerk, insluitend die weermag, polisie, intelligensie-owerhede, die private sektor en lede van die publiek. Ons erken dat wildmisdaad nie alleen opgelos kan word nie.”
Die ministerie het verder verseker dat dit wat hulle doen en dit wat hulle wil bereik, glo verder gaan as individuele behoeftes en het ten doel om ’n breër doelwit te bereik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie