Feëtjiesirkels lok navorsers, ekoloë terug na die woestyn

Simposium by NamibRand-natuurreservaat
Wetenskaplikes het sedert die 1970's toenemend bewus van feëtjiesirkels geraak.
Eberhard Hofmann
Gereelde kolle kaal grond in die yl of, meer selde, welige gras, bekend as feëtjiesirkels, trek navorsers, wetenskaplikes en toeriste herhaaldelik na die rand van of dieper die woestyn in.

Dit was vroeër vanjaar die geval toe die tweede internasionale feëtjiesirkelsimposium op Wolwedans in die private NamibRand-natuurreservaat in die suide van Namibië plaasgevind het – tien jaar nadat die eerste simposium op dieselfde plek gehou is.

Die sewe ekoloë en woestynnavorsers wat die simposium oor twee dae by NamibRand – die middelpunt van hul navorsingswerk – gehou het, het van Israel, Suid-Afrika en Duitsland gevlieg.

Buiten vir twee het die res van die deelnemende navorsers en ekoloë reeds verkeie kere vir NamibRand vir navorsingswerk besoek.

Die reservaat se bestuurder, Nils Odendaal, het beklemtoon die organiseerders van die simposium wou ’n platform skep vir professionele bydraes om die enigmatiese natuurverskynsel van die feëtjiesirkels te verduidelik.

Wetenskaplikes het sedert die 1970’s toenemend bewus van die feëtjiesirkels geraak. Navorsing oor die ekologiese besonderhede, verandering en konsekwentheid tydens nat en uiters droë tydperke is die afgelope 40 jaar intensief nagevors.

Alle navorsers en ekoloë is dit eens dat die feëtjiesirkels ’n gekoördineerde stelsel verteenwoordig wat vog van die woestyn se skaars verdamping benut. Grasse, insekte (meestal termiete) en ander woestynwesens gebruik die sirkels oor lang droë tydperke, selfs vir jare. As daar egter vir té lank nie enige reënval is nie, sterf alle lewe binne en buite die sirkel.

Slegs droë grasstoppels merk die voorheen digte en toegegroeide prominente sirkel om die droë kring. En dan gebeur ’n wonderwerk. ’n Ligte of swaar reënneerslag ná verskeie jare van droogte laat die feëtjiesirkel wat lyk of dit dood was, weer herleef op dieselfde plek waar die grassirkel voorheen uitgespruit het.



OORSPRONG

Tot op hierdie punt is navorsers meestal op dieselfde bladsy.

Maar die vraag van die waar en die hoe van die oorsprong of die biologiese skeppers van die merkwaardige patroon van kaal kolle met die kenmerkende, meestal meerjarige grasrand op die uitgebreide droë areas vasgestel kan word – dit is hier waar menings begin verskil.

Die feëtjiesirkelkenner Norbert Jürgens wat dit reeds al jare navors en ook die eerste internasionale simposium op Wolwedans bygewoon het, stel vier min of meer bekende hipoteses voor oor moontlike faktore en wesens wat skeppers van die feëtjiesirkels kan wees. Dit sluit in:

1. Sandtermiete wat in kaal kolle op graswortels stap;

2. Selfregulering van die grasse en die flora;

3. Plaaslik vergiftigde grond weens dooie euphorbia of steekbosse.

4. Geochemiese gasse en verdamping van die grond se onderste laag.

“Die debat oor die oorsprong van die feëtjiesirkels is nog lank nie verby nie,” sê Jürgens, wat die hipotese oor die sandtermiete ondersteun.

Deelnemers aan vanjaar se simposium het gefokus op die hipoteses van die selfregulering van grasse en die uitwerking van dooie steekbosse/euphorbias en hul verwante bevindinge hier voorgelê.

[email protected]



GRYS BLOKKIE:

Feëtjiesirkels is sirkelvormige kolle kaal gras van ongeveer ses meter in deursnee op die rand van die Namibwoestyn met ’n jaarlikse reënval van 50 mm tot 150 mm.

Die rand van die sirkel word gevorm deur meerjarige grasse wat gewoonlik langer en sterker groei as dieselfde grasse in die omliggende gebied.

VERSPREIDING: Feëtjiesirkels kom oor ’n afstand van 1 785 km vanaf die Richtersveld in Namakwaland voor met ’n paar onderbrekings onder die kontinentale skeiding langs die Namib tot in suidelike Angola.

VOORKOMS: In die groot sandsee van die verskuiwende duine van die missone, waar die gemiddelde jaarlikse reënval 25 mm is, byvoorbeeld in die beperkte gebied (Tsau //Khaeb), kom feëtjiesirkels nie voor nie, maar hulle kan op plat grond tussen die duine gevind word.

Die navorser en skrywer Norbert Jürgens het 1 850 kaal kolle geïdentifiseer wat oor die lengte van die gebied versprei is waar feëtjiesirkels amptelik voorkom. Dit sluit 14 geografiese gebiede van die woestynstrook in wat oor 1 785 kilometer strek vanaf die Richtersveld, die Namib tot Iona in suidelike Angola strek.

OUDERDOM: Navorsers bereken die ouderdom van individuele feëtjiesirkels redelik verskillend. Jürgens reken die sirkels is honderde jare oud, terwyl ’n ander navorser meen dit is nader aan ses dekades.

Die feëtjiesirkels kan heeltemal verdwyn ná verskeie uiters droë jare, maar verskyn weer op dieselfde plek nadat goeie reën geval het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer