sauma
sauma

Geologiese breuke vergemaklik besoedeling van akwifere

Die uraanmynbou deur middel van die in situ logings-proses (ISL), los groot hoeveelhede uraan, radionukliede en swaar metale op. Die uraan-ertsliggame in die Stampriet Artesiese Kom (SAB) lê in die boonste drinkwaterakwifeer. Daar is baie lang geologiese breuke, wat tydens rotsverskuiwings gevorm het, wat die op- of afwaartse beweging van groot blokke rots relatief tot mekaar behels.

Die gebreekte rots in hierdie breuke vorm leipype (ondergrondse kanale) waarlangs artesiese water opwaarts vanaf laer na hoër akwifere kan beweeg. Die meeste van die ondergrondse akwifere is plek-plek met mekaar vebind. Hierdie kontakte of verbindings laat toe, dat water van een akwifeer na 'n ander een toe vloei.

Baie van die sowat 7 000 boorgate in die SAB is ondig lek.

Die ISL-mynoplossing besoedel die akwifeer binne die myngebied (sogenaamde kontaminasie-halo's binne die akwifere), maar die artesiese druk, die rotsbreuke, die natuurlike kontak tussen akwifere, sowel as die lekkende boorgate en die hoë grondwatervloei, wat deur besproeiing veroorsaak word, vergemaklik die ontsnapping van die giftige mynoplossing uit die myngebied en bevorder dus die besoedeling van waterdraers.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!