Groen ruimtes se impak op eiendomswaardes
Studie uitgevoer in buurland
'n Studie wat onlangs in Suid-Afrika uitgevoer en gepubliseer is, toon dat eiendomswaarde gekoppel kan word aan die bestuur van groen ruimtes, of die gebrek daaraan.
Groen ruimtes, soos parke, natuurreservate en openbare tuine, word dikwels as ’n noodsaaklikheid vir stedelike gebiede beskou.
Daar word algemeen aanvaar dat hierdie ruimtes eiendomswaardes positief beïnvloed, aangesien dit ontspanning, estetiese aantrekkingskrag en omgewingsvoordele bied.
’n Onlangse studie deur prof. Juaneé Cilliers en prof. Sarel Cilliers verbonde aan die Noordwes-Universiteit (NWU) het egter verrassende resultate opgelewer oor hoe groen ruimtes residensiële eiendomspryse in Suid-Afrika beïnvloed.
Die studie het getoon dat groen ruimtes op ’n plaaslike vlak soms ’n negatiewe impak kan hê, terwyl dit op ’n buurtvlak ’n positiewe ekonomiese uitwerking kan hê.
BEVINDINGE
Die studie het die impak van verskeie tipes groen ruimtes op eiendomswaardes in Potchefstroom ondersoek.
Data is ingesamel oor huise wat op verskillende afstande van parke en ander groen ruimtes geleë is.
Die navorsers het ook faktore soos kriminele aktiwiteite, toegang tot geriewe en eiendomstendense in ag geneem.
Een van die mees insiggewende bevindinge was dat, in teenstelling met internasionale neigings, eiendomme direk aangrensend aan groen ruimtes se waarde nie altyd hoër was nie. Dit is veral van toepassing in gebiede waar instandhouding en sekuriteit nie voldoende is nie.
Gebiede naby swak bestuurde groen ruimtes het soms laer eiendomswaardes as soortgelyke huise in gebiede met hoëdigtheidsbehuising.
Nietemin, in woonbuurte waar daar ’n gebalanseerde verspreiding van groen ruimtes is, is ’n positiewe verband tussen eiendomswaardes en groen ruimtes opgemerk.
Dit dui daarop dat ’n netwerk van parke en natuurlike gebiede wat goed beplan en in stand gehou word wel ’n positiewe ekonomiese impak kan hê.
NEGATIEWE IMPAK
Terwyl groen ruimtes in beginsel voordelig is, is daar volgens die studie ’n paar faktore wat ’n negatiewe impak op eiendomswaardes kan hê en dit sluit kriminele aktiwiteite en vandalisme in.
Verwaarloosde parke en ruimtes kan dikwels toevlugsoorde vir misdadigers word, wat die inwoners se veiligheid bedreig en eiendomswaardes verlaag.
Nog ’n faktor wat ’n negatiewe impak op eiendomswaarde kan hê, is swak instandhouding. As parke en natuurlike gebiede nie goed in stand gehou word nie, kan dit as ’n las eerder as ’n bate beskou word.
Oorgroeide parke en rommel kan lei tot ’n daling in eiendomswaarde van ’n gebied.
’n Ander faktor wat tydens die studie in ag geneem is, is geraas en oormatige besoekers. Sommige groen ruimtes lok groot getalle besoekers wat kan lei tot verkeersopeenhopings en geraas. Dit kan ’n negatiewe impak op die lewensgehalte van plaaslike inwoners hê.
Beperkte toegang tot infrastruktuur kan ook ’n negatiewe impak hê. In sekere gebiede kan groen ruimtes plaaslike ontwikkeling belemmer as dit nie goed geïntegreer is met infrastruktuur soos paaie, skole en winkelsentrums nie.
POSITIEWE GEVOLGE
Aan die ander kant het die studie bevind dat wanneer groen ruimtes doeltreffend beplan en bestuur word, dit tot hoër eiendomswaardes kan bydra.
Estetiese verbeterings aan groen ruimtes kan byvoorbeeld meer aanloklik vir inwoners wees. Parke wat netjies is en goed in stand gehou word, verhoog die visuele aantrekkingskrag van ’n woonbuurt, wat huise meer aanloklik vir kopers maak. Dit kan ook tot beter lewensgehalte lei aangesien toegang tot groen ruimtes inwoners se gesondheid kan verbeter met ontspanningsgeleenthede en moontlike fisieke oefening, soos stap en draf.
Gebiede met groen ruimtes wat goed in stand gehou word, kan ook lei tot verbeterde ekonomiese bedrywighede. Dit kan meer beleggers lok en vir plaaslike besighede ’n hupstoot gee. Dit hou ook verskeie omgewingsvoordele in met groen ruimtes wat help met temperatuurregulering, die vermindering van besoedeling en verhoogde biodiversiteit.
AANBEVELINGS
Die studie in Potchefstroom dui daarop dat stadsbeplanners en munisipaliteite ’n gebalanseerde benadering tot groen ruimtes moet handhaaf.
Dit sluit die belegging in instandhouding in wat deurlopende monitering moet insluit om seker te maak die gebied is skoon en veilig.
Gemeenskapsbetrokkenheid word ook aanbeveel omdat gemeenskapsprojekte en samewerking met inwoners kan help om parke beter te bestuur en misdaad te verminder.
Die ligging van groen ruimtes moet ook goed beplan word om toegang tot infrastruktuur en geriewe te verbeter en veiligheidsmaatreëls moet in plek gestel word.
Dit kan verbeterde beligting, veiligheidspatrollies en sigbare teenwoordigheid van wetstoepassers insluit om misdaad in en rondom parke te verminder.
Terwyl groen ruimtes wêreldwyd as ’n bate vir eiendomswaardes beskou word, toon die Suid-Afrikaanse konteks dat dit nie altyd ’n eenvoudige verhouding is nie.
Die omstandighede in die buurland geld ook vir Namibië aangesien beide lande soortgelyke uitdagings in die gesig staar.
Die impak van groen ruimtes op eiendomswaardes hang grootliks af van faktore soos instandhouding, veiligheid en stedelike beplanning.
Dit is dus noodsaaklik dat plaaslike owerhede, gemeenskappe en stadsbeplanners saamwerk om groen ruimtes te optimaliseer sodat dit nie net die omgewing verbeter nie, maar ook ’n positiewe finansiële impak op inwoners se eiendomme het.
NAVORSERS
Prof. Juaneé Cilliers het gedien as professor en hoof van die afdeling vir stads- en streekbeplanning by die NWU, sowel as leier van ’n navorsingsprogram in die eenheid vir omgewingswetenskappe en -bestuur, wat op volhoubare ontwikkeling, beplanning en implementering gefokus het.
Prof. Sarel Cilliers was ’n professor in Plantkunde aan die NWU, met kundigheid in stedelike ekologie en groeninfrastruktuurbeplanning.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie