Marie Lemerle van die Brown Hyena Research Projek het die rob wat deur ’n grootwithaai gebyt is in Baker’s baai afgeneem.
Marie Lemerle van die Brown Hyena Research Projek het die rob wat deur ’n grootwithaai gebyt is in Baker’s baai afgeneem.

Grootwithaai vat hap uit rob

Tanja Bause
Bewyse kan telkens gevind word wat die aanwesigheid van grootwithaaie langs die Namibiese kuslyn steun.

Die mees onlangse bewys is van ’n rob wat me. Marie Lemerle van die Bruinhiëna-navorsingsprojek in Baker’s-baai sowat 120 kilometer suid van Lüderitz afgeneem het.

Dié haaie se habitat strek vanaf die Namibiese kuslyn tot by KwaZulu-Natal en selfs so ver as Mosambiek.

Lüderitz Marine Research het op hul Facebook-blad geskryf: “Ons het verskeie bewyse dat grootwithaaie is ons waters voorkom. Hulle is in Grossebucht en in die strandmeer waargeneem. Indirekte bewyse bestaan van ontmoetings met duikers in Hottentotsbaai en Wolfbaai en vars haaitande wat in diamantgruis gevind is wat naby Grossebucht van die seebodem gepomp is. Daar is ook bewyse van predasie op robbe by Atlasbaai en op koeihaaie in die Lüderitz-strandmeer.”

Die beseerde rob wat Lemerle verlede week gesien het, dien as nog ’n bewys.

“Slegs ’n grootwithaai kan so ’n besering aan ’n rob toedien. As daar na die grootte en die vorm van die besering gekyk word, skat ons dat dit ’n groot haai met ’n minimum van drie tot ses meter in lengte is. Die besering is vir seker baie seer, maar dit lyk nie asof enige groot organe of bloedvate beskadig is nie. ’n Redelike (maar nie gewaarborgde) kans bestaan dat die rob dit kan oorleef. In gevalle so dié is dit die beste om die natuur sy gang te laat gaan en nie in te meng nie.”

“Grootwithaaie kom langs die Namibiese kus voor en ons kan natuurlik van die standpunt uitgaan dat hulle op die robkolonies langs die Namibiese kus prooi. Slegs ’n gebrek aan opgeleide waarnemers en natuurkundiges met ’n skerpoog verhoed dat ons dit kan bevestig.

Die hele kuslyn is egter hulle habitat en robbe is hul kos,” het me. Jessica Kemper van Lüderitz gesê.

Die grootwithaai se getalle neem wêreldwyd af en is ingesluit in die lys van spesiaal beskermde spesies in die Wet op Mariene Hulpbronne nr. 27 van 2000.

Seegebruikers, insluitend alle duikers en vissermanne, neem kennis dat hierdie manjifieke, maar bedreigde topmariene roofdier onder ons is, het Lüderitz Marine Research mee afgesluit. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!