Namibië huisves diverse endemiese vetplante. Foto CONSERVATION NAMIBIA
Namibië huisves diverse endemiese vetplante. Foto CONSERVATION NAMIBIA

Handel in endemiese vetplante neem toe

Talle verdagtes in hegtenis geneem
Die verslag wys daarop dat bosbouwetgewing en -regulasies onvoldoende en swak toegepas is.
Tanja Bause
Ellanie Smit - Handel in lewende plante, veral skaars en endemiese vetplante en pachycauls (wat die kremetart en halfmens insluit), het die hoogte ingeskiet as ’n groeiende sektor - wat ’n bedreiging vir seldsame spesies in Namibië inhou.

Luidens die verslag oor wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië vir 2022 is die eerste sake eers verlede jaar aanhangig gemaak.

Daar is egter reeds op groot hoeveelhede lewende plante beslag gelê en talle verdagtes is in hegtenis geneem.

Luidens die verslag is 11 sake verlede jaar geregistreer, met 22 verdagtes wat in hegtenis geneem is. Twee van die mense is skuldig bevind. Die data sluit slegs arrestasies in wat verband hou met lewende plante. Arrestasies in verband met hout word tans nie volledig in die databasis vasgelê nie.

“Namibië is die tuiste van diverse endemiese vetplante wat veral gewild blyk te wees onder internasionale versamelaars, met die smokkelary wat deur internetplatforms aangevuur word.”

Die impak van die onwettige handel is tans moeilik om te kwantifiseer - volgens die verslag - maar kan ernstig wees, veral op seldsame spesies met hoogs beperkte groeigebiede.

Volgens die verslag is dit veral ’n uitdaging om inheemse en endemiese vetplante wat gestroop en verhandel word weens 'n wêreldwye vraag na sierplante, te beskerm.

Die plante kom teen lae digthede voor in uitgestrekte, droë landskappe - dikwels buite beskermde gebiede.

“Bewusmaking onder alle belanghebbendes oor die skielike, massiewe bedreiging wat die smokkelary van lewende plante inhou, is ‘n belangrike eerste stap, terwyl die versterking van wette en nouer belyning tussen plantbewaring, -beskerming en wetstoepassingsaktiwiteite noodsaaklik is.

“Dit is duidelik dat plantprodukte onwettig geoes word en in groot volumes verhandel word, wat ’n vinnige impak op plantbevolkings kan hê, veral dié van skaars spesies met ’n gelokaliseerde verspreiding.”

Intussen bied die onwettige uitbuiting van Namibië se houtbronne steeds beduidende uitdagings. Ondanks 'n 2018-moratorium op die oes van hout gaan dié onwettige bedrywighede voort, wat Namibië se reeds beperkte en swaar geaffekteerde houtbronne, sowel as sommige ander boshulpbronne, verder uitput.

Oorgrensskemas wat Namibiese hout teiken is oopgevlek, daar is op 'n aantal onwettige besendings beslag gelê, en sake wat verband hou met die onwettige afkap van bome in die houtskoolbedryf is gedurende 2022 geopen.

Die verslag wys daarop dat bosbouwetgewing en -regulasies onvoldoende en swak toegepas is, hoewel die vestiging van gemeenskapswoude ‘n belangrike ontwikkeling was om landelike gemeenskappe te bemagtig om voordeel te trek uit dié hulpbronne.

“Benewens die onwettige houtkappery in die land, is Namibië geïdentifiseer as ‘n groot kanaal vir beide wettige en onwettige houtbesendings vanaf Zambië, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC) en Angola na China via Walvisbaai se klaringsfasiliteite en die eenvoudige vragmotorroete vanaf Katima Mulilo.”

‘n Hersiening van bosbouwetgewing en -regulasies is in 2022 onderneem en verteenwoordig die eerste stap om florawette te verbeter.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!