Headspring: 'Ons is nie hier om te plunder nie'
Kom julle beloftes na, vra Nganate
Die goewerneur het gesê hy is hoopvol dat die ontwikkeling werk sal skep aangesien werkloosheid 'n groot krisis in die streek is.
Jemima Beukes - Die goewerneur van die Omahekestreek, Pijoo Nganate, het gister kommersiële boere ten gunste van- en teen die in situ-uraanmynbou wat tans in Leonardville in die pyplyn is, versoek om om 'n tafel te sit en behoorlike gesprekke te voer – pleks daarvan van om met mekaar te baklei.
Headspring Investments – ’n filiaal van Uranium One wat deel is van die Russiese kernkragkorporasie Rosatom – het planne om eksplorasieboorwerk in die gebied te doen.
Nganate het die maatskappy aangesê om nie vals hoop aan die mense van die gebied te gee nie en eerder al die beloftes na te kom wat hy gemaak het met betrekking tot die ontwikkeling van die dorp tot 'n ekonomiese bestemming.
“Ons het ook vrese. Mense wil nie toegang tot hul plase gee nie omdat hulle bang is. Kom ons sit nou om een tafel en konfronteer hierdie vrese en hierdie onsekerhede.
"Kom ons baklei nie in die koerante nie. As dit nie werk nie, laat ons dit in een stem sê; en as dit werk, kom ons sê dit ook as een Omaheke. Kom ons skuif ons vooroordele en emosies opsy," het hy gesê.
'ONS MENSE IS HONGER’
Nganate, wat gister die amptelike opening van die Uranium One-kantoor op die dorp gelei het, het gesê hy is hoopvol dat die ontwikkeling werk sal skep aangesien werkloosheid 'n groot krisis in die streek is.
Hy het ook beklemtoon dat enige ekonomiese ontwikkeling in Leonardville positiewe nagevolge sal hê wat ook die naburige dorpe en gemeenskappe sal ophef.
“Ons mense is honger. Ons het rampspoedige maatskaplike kwessies en af en toe sterftes gehad. Een so ’n kwessie is dié van wanvoeding. Ons streek het ongelukkig 'n toename in wanvoedinggevalle begin ervaar en op grond van die register vir binnepasiëntopnames het die meeste kinders uit die informele nedersettings soos Kanaan, Freedom Square, Ozohambo (Otjinene) en Drimiopsis gekom. As ons ontwikkeling hier het, hoef kinders nie weens armoede te sterf nie,” het hy gesê.
Daar is onlangs berig dat 45 kinders onder die ouderdom van vyf vanjaar aan wanvoedingsverwante toestande in Omaheke gesterf het.
Die goewerneur het ook ongelukkigheid die toename in veediefstal uitgespreek en bygevoeg dat die waarde van vee wat gesteel is altesaam N$5,8 miljoen beloop, terwyl vee ter waarde van slegs N$2,3 miljoen teruggevind is.
‘NIE HIER OM TE PLUNDER NIE’
Intussen het Headspring en Uranium One se direkteur van myne, Kirill Egorov-Kirillov, gesê die kantoor is gebou om aan inwoners te bewys dat hulle in die projek glo en dat hulle ten volle ’n “lid van die gemeenskap” wil word.
Hy het bygevoeg hulle sien Leonardville nie net as 'n plek waar hulle voordeel uit mynboubedrywighede kan trek nie, maar is opgewonde om by te dra tot die opheffing en bemagtiging van boere en gemeenskapslede.
“Dit behoort nou vir almal duidelik te wees dat ons nie hier is om enige natuurlike hulpbronne van hierdie pragtige land te plunder nie, maar ons wil hande vat met Namibiërs om te werk aan 'n beter toekoms.
"Selfs boerderye het groot groei getoon aangesien die myne groot markte vir hul produkte op die boere se drumpel geskep het. Ons is 100% seker dat ons mynmetode baie meer omgewingsvriendelik is as enige ander mynmetode en dit word deur die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) bevestig,” het hy gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie