Houtstropers sak op Jan Jonker toe
'n Ontstoke Windhoeker het Saterdagmiddag nadat hy gesien het hoe nagenoeg tien mense wat glo in Okahandjapark woon, onwettig groot hoeveelhede hout in die veld langs Jan Jonkerweg versamel en na 'n vragmotor aangedra het, polisiebeamptes van die Klein-Windhoek-polisiekantoor met sy eie voertuig na dié toneel gebring. Daar aangekom het hulle reeds die hout opgelaai en verkas. 'n Inwoner wat naby dié stuk oop veld woon, het aan Republikein gesê dit gebeur gereeld dat mense daar hout kap en soms selfs met taxi's die vragte hout wegry. Foto's Verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie