Jagkwotas vir krokodille oorweeg
Konflikbestuur
Die oorskot van ’n 13-jarige seun wat onlangs deur ’n krokodil in die Mupapama-dorpie in die Kavango-Oosstreek aangeval is, is steeds nie gevind nie.
Mushongo Manga, ’n leerling aan die Laerskool Sambyu, is deur ’n krokodil aangeval terwyl hy en sy broers en susters op die Paasnaweek in die rivier geswem het.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, Romeo Muyunda, het gesê die ministerie is in ’n gevorderde stadium om ’n plan te ontwikkel om die krokodille te bestuur en produktief te ontgin, wat jagkwotas sal insluit.
Die ministerie beplan ook om die gemeenskappe in die komende maande oor die gevare oor die lewe langs ’n rivier in te lig.
Muyunda het gesê die konflik tussen die mens en krokodille word deur verskeie faktore veroorsaak. Onder meer word die tekort aan veilige toegang tot drinkwater, armoede en die gebrek aan visvoorrade in die rivier uitgelig.
Kragtens die Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van wilde fauna en flora, reik die ministerie jaarliks 20 lisensies vir die internasionale uitvoer van krokodilprodukte uit.
Wat die plaaslike mark betref, het Muyunda gesê kwotas sal toegeken word op grond van die gebiede wat die meeste geraak word, soos die Maurus Nekaro-bewaringsgebied in die Kavango-Wesstreek, wat vanjaar ses krokodille kon jag.
’n Senior visserybioloog by die ministerie van visserye en mariene hulpbronne in die Kavango-Oosstreek, dr. Francois Jacobs, het ook gesê “krokodilbestande omheinings” is geïdentifiseer as een maatreël om die voortdurende krokodilaanvalle in die twee Kavango-streke hok te slaan.
Jacobs sê sy departement se twee streekkantore en dié van die ministerie van die omgewing werk saam aan ’n studie oor die gedrag van mense, visse en krokodille.
Die studie word in die gebied van die Popa-watervalle tot by die Mahango-wildpark uitgevoer, maar sal na verwagting vanaf Augustus na ander gebiede van die Okavango uitbrei.
Jacobs sê die twee departemente sal eers ’n uitvoerbaarheidstudie vir die bou van hierdie omheinings doen en verseker dat hulle onderhoudsvry en doeltreffend tydens hoog- én laagwaterperiodes sal wees.
“Een van die grootste hindernisse is finansiëring,” het hy gesê.
Vir die projek sal N$5 miljoen benodig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie