Die Puros- en Sesfontein-bewaringsgebied het geld ontvang om boere vir veeverliese te vergoed. Foto Facebook
Die Puros- en Sesfontein-bewaringsgebied het geld ontvang om boere vir veeverliese te vergoed. Foto Facebook

Jagter betaal N$150 000 om probleemleeu te jag

Ronelle Rademeyer
‘n Leeumannetjie van tussen 8 tot 10 jaar wat gemeenskappe by Sesfontein en Puros geruime tyd “geterroriseer” het, is deur ‘n trofeejagter vir N$150 000 geskiet.

Dit was nadat die leeu ingevolge Natuurbewaringordinansie 4 van 1975 as probleemdier verklaar is.

Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme sê die leeumannetjie was berug daarvoor dat hy mense in die gebied se vee gevang het.

Volgens mnr. Romeo Muyunda, ministeriële woordvoerder, het hy sedert 2019 altesaam 12 beeste, 13 donkies en nege bokke gevang.

“Die leeu is verskeie kere snags waargeneem by nedersettings waar mense woon en hy hul lewens bedreig het. Hy was ook nie bang vir mense nie,” sê Muyunda in die verklaring.

Dit blyk voorkomende maatreëls is vroeër ingestel, soos om hom verder wes van Sesfontein na Ga!Ai te verskuif, maar hy het teruggekom.

Muyunda sê gemeenskappe in die gebied het verskeie kere ‘n beroep op die ministerie gedoen om in te gryp voordat die leeu meer skade aanrig, of erger nog, ‘n mens aanval.

“Die leeu het ‘n nekband gehad en sy bewegings is gemonitor, wat beteken die ministerie het sy volledige geskiedenis geken,” sê hy.

Die Sesfontein- en Puros-bewaringsgebiede het elk N$65 000 ontvang van die geld wat deur die trofeejagter betaal is, om die geraakte veeboere vir hul verliese te vergoed.

Verder is N$20 000 van die jaginkomste aan die Game Product Trust oorbetaal, met die doel om vir bewaring aan te wend.

Muyunda het verder daarop gewys hierdie werkwyse is deel van die ministerie se bewaringsmetodiek, veral wat die vermindering van mens-dier-konflik betref.

Hy sê mense wat met probleemdiere saamleef, besef hoe belangrik hierdie manier van probleemoplossing is en maan teen “individue en organisasies wie se enigste belang dit is om die ministerie in ‘n swak lig te stel”.

Muyunda sê "hulle het self baie min gedoen om die gemeenskappe en owerhede by te staan om die situasie te beredder".

“Hulle wag net vir besluite om geneem te word en dan vind hulle dinge om te kritiseer,” sê hy.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!